Gereformeerde Kerk Magol

“Die aarde behoort aan die Here en die volheid daarvan...” Ps. 24: 1

 

Agter: Yolande met klein Hendrik,Dewald, Nic en Elzette

Voor: Nandri, Hendrik, Fransa, en Franciska

(Foto geneem tydens bevestiging 2010)

Ons Predikant & Gesin

Hendrik en Fransa het mekaar in die laat sewentigs op die Puk ontmoet waar albei gestudeer het.  Aan die einde van 1981 is hulle in Witrivier getroud waarna vier kinders uit die huwelik gebore is nl. Dewald in 1983, Nic in 1985, Franciska in 1994 en Nandri in 1996.

 

Intussen het die gesin verder uitgebrei met Yolanda (eggenote van Dewald) en hulle seuntjie Hendrik wat in 2009 gebore is, sowel as Elzette (intussen getroud met Nic).  Daar is verder nog n kleinkind Ulric intussen gebore uit die huwelik van Dewald en Yolanda.

 

Gemeentes waarin die de Beers hulle met die genade van die Here sedert 1986 bevind het, is Gereformeerde Kerke Phalaborwa (4Jaar), Ficksburg (9Jaar) en Pretoria-Meintjeskop (bykans 11Jaar).

 

(inligting soos tot en met Oktober 2013)