Preek Sketse - 1 Junie 2025

 

 

Oggend Diens

Sing: Ps. 92:1,2; Ps. 92:7; Ps. 138:2,4; Ps. 99:1,4; Ps. 48:1,4.

Lees: 1 Kor. 14:26-40

Teks: 1 Kor. 14:33

Tema: Die Here roep ons om ordelik op te tree sodat sy vrede in die gemeente bedien kan word.

 

I KORINTHIΛRS 14: 26-40

 

Die noodsaaklikheid van orde in die godsdiensoefeninge van die gemeente.

 

26HOE staan die saak dan, broeders? Wanneer julle saamkom, dan het elkeen van julle 'n psalm of 'n lering of 'n taal of 'n openbaring of 'n uitlegging — laat alles tot stigting geskied.

27En as iemand in 'n taal spreek, laat dit dan wees twee of hoogstens drie, en by beurte; en laat een dit uitlκ.

28Maar as daar geen uitlκer is nie, laat hy in die gemeente swyg, en laat hy met homself en met God spreek.

29Laat twee of drie profete spreek en die ander dit beoordeel.

30Maar as daar iets geopenbaar is aan 'n ander wat daar sit, laat die eerste swyg.

31Want julle kan almal een vir een profeteer, sodat almal kan leer en almal bemoedig word.

32En die geeste van die profete is aan die profete onderworpe;

33want God is nie 'n God van wanorde nie, maar van vrede, soos in al die gemeentes van die heiliges.

34 Julle vroue moet in die gemeentes swyg; want dit is hulle nie toegelaat om te spreek nie, maar om onderdanig te wees, soos die wet ook sκ.

35Maar as hulle iets wil leer, laat hulle tuis hul eie mans vra, want dit is lelik vir vroue om in die gemeente te spreek.

36Of het die woord van God van julle uitgegaan, of het dit tot julle alleen gekom?

37As iemand meen dat hy 'n profeet of 'n geestelike mens is, moet hy erken dat wat ek aan julle skrywe, bevele van die Here is.

38Maar as iemand onkundig is, laat hom onkundig bly.

39Daarom, broeders, beywer julle om te profeteer en moenie verhinder dat daar in tale gespreek word nie.

40Laat alles welvoeglik en ordelik toegaan.

 

 

Tema: Die Here roep ons om ordelik op te tree sodat sy vrede in die gemeente bedien kan word.

 

Die gevaar van wanorde

Die gemeente in Korinte het ‘n verskeidenheid van probleme ervaar wat die eenheid tussen broers en susters bedreig het. Dit is in die tyd wat die Nuwe Testament nog nie voltooi is nie en die Here Hom deur profesie en spreek in tale bekend gemaak het. Elkeen wat ‘n profesie ontvang het of in ‘n taal begin praat het wou dit dan op die Sondag in die gemeente bekend maak. Dit het veroorsaak dat die gemeente se samekomste in wanorde verval het. Waar wanorde insluip word vrede in die gemeente bedreig

 

Die gawe van vrede

Paulus beklemtoon nou aan die gemeente dat God nie ‘n God van wanorde is nie, maar van vrede. Ons ken die uitdrukking dat die Here ‘n God van orde is. Paulus beklemtoon aan die gemeente dat dit die Here se wil is dat daar vrede in hulle midde sal wees. Dit is immers hoe dit van die  begin van die skepping was. Die Here het alles in die skepping georden met die gevolg dat daar vrede geheers het. Christus het weer die vrede kom herstel deur ons met die Vader te versoen.

 

Die roeping tot orde

Die vrede wat Christus vir sy kinders bewerk het moet nou in die gemeente gestalte vind. Paulus geen ‘n hele aantal praktiese riglyne hoe die vrede in die spesifieke omstandighede van die gemeente tot uiting kan kom. Op praktiese maniere moet die gemeente ordelike reλlings daarstel hoe daar met die tale sprekers en die wat profeteer in die erediens omgegaan word. So sal die gemeente betaamlik en welvoeglik teenoor mekaar optree.

 

—————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————

 

Aand Diens

Sing: Ps. 18:1,2,14; Ps. 72:1,4,6; Ps. 118:1,7

Lees: 1 Pet 1:13-25; Son 13

Teks: 1 Pet 1:17-19; Son 13

Tema: Ter wille van Christus, ons Here, leef ons nou as geheiligde kinders van ons Vader.

 

I PETRUS 1:13-25

 

Vermaning om heilig te wees.

13DAAROM, omgord die lendene van julle verstand, wees nugter en hoop volkome op die genade wat julle deel word by die openbaring van Jesus Christus.

14Soos gehoorsame kinders moet julle nie jul lewe inrig volgens die begeerlikhede wat tevore in julle onwetendheid bestaan het nie.

15Maar soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in jul hele lewenswandel heilig word,

16omdat daar geskrywe is: Wees heilig, want Ek is heilig.

17En as julle Hom as Vader aanroep wat sonder aanneming van die persoon oordeel volgens elkeen se werk, wandel dan in vrees gedurende die tyd van julle vreemdelingskap;

18omdat julle weet dat julle nie deur verganklike dinge, silwer of goud, losgekoop is uit julle ydele lewenswandel wat deur die vaders oorgelewer is nie,

19maar deur die kosbare bloed van Christus, soos van 'n lam sonder gebrek en vlekkeloos,

20 wat wel vooruit geken is voor die grondlegging van die wκreld, maar in hierdie laaste tye geopenbaar is om julle ontwil,

21julle wat deur Hom glo in God wat Hom uit die dode opgewek en Hom heerlikheid gegee het, sodat julle geloof en hoop op God kan wees.

22As julle in gehoorsaamheid aan die waarheid julle siele deur die Gees tot ongeveinsde broederliefde gereinig het, moet julle mekaar vurig liefhκ uit 'n rein hart;

23 want julle is wedergebore nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike, deur die lewende woord van God wat tot in ewigheid bly.

24Want alle vlees is soos gras, en al die heerlikheid van die mens soos 'n blom van die gras. Die gras verdor en sy blom val af,

25 maar die woord van die Here bly tot in ewigheid. En dit is die woord wat aan julle verkondig is.

 

Sondag 13

Vraag 33: Waarom word Christus die eniggebore Seun van God genoem terwyl ons tog ook kinders van God is?

Antwoord: Omdat alleen Christus die ewige natuurlike Seun van God is (a), terwyl ons om sy ontwil uit genade tot kinders van God aangeneem is (b).

(a) Joh 1:14; Heb 1:1, 2; Joh 3:16; 1 Joh 4:9; Rom. 8:32. (b) Rom 8:16; Joh 1:12; Gal 4:6; Ef 1:5, 6.

Vraag 34: Waarom noem jy Hom ons Here?

Antwoord: Omdat Hy ons na liggaam en siel van die sondes en uit alle heerskappy van die duiwel nie met goud of silwer nie maar met sy kosbare bloed tot sy eiendom verlos en vrygekoop het (a).

(a) 1 Pet 1:18, 19; 2:9; 1 Kor 6:20; 1 Tim 2:6; Joh 20:28.

 

Tema: Ter wille van Christus, ons Here, leef ons nou as geheiligde kinders van ons Vader.

 

Christus is die eniggebore Seun van God

Om die werk van Christus reg te verstaan is dit baie belangrik dat ons die posisie van Christus reg sal verstaan. In ons belydenis is dit duidelik dat Hy die eniggebore Seun van God is. Daar is dus geen ander nie. Wanneer Petrus aan die verstrooide Christene in hulle moeilike omstandighede skryf troos hy hulle eers weer in die wete dat Christus, in wie hulle glo die Seun van God is. Dit is belangrik dat ons Christus as die Seun van God sal erken want daarin bely en erken ons sy Goddelike natuur.  Alleen omdat Christus werklik God is kan hy die toorn van die Vader oor die sonde dra.

 

Ons is uit genade kinders van God.

Die hoofsaak van HK 13 gaan egter oor meer as net die Seunskap van Christus. Die aandag word ook weer op ons posisie gefokus, want ons is ook immers kinders van God. Christus is die Seun van God en deel so in sy goddelike natuur, maar uit genade word ons nou as kinders van God aangeneem. Dit het Hy gedoen deur mens te word en deur sy verlossings werk ons weer in ʼn herstelde verhouding met God te plaas. Die implikasie van ons kindskap is dat ons nou as gehoorsame kinders van ons vader heilig moet leef. Christus het ons immers deel gegee aan sy heiligheid.

 

Ons is gekoop as eiendom van God.

In die laaste gedeelte van ons belydenis word die verdere implikasie van Christus se persoon vir ons beskryf. Hy is ook ons Here. Hier kom ons posisie as diensknegte van God aan die orde. Hy het ons gekoop deur sy bloed, dit is die duurste moontlike prys wat betaal kon word. Omdat ons deur Hom gekoop is, is ons nou onderdane in sy koninkryk. Hy het ons vrygekoop van die heerskappy van die duiwel, sodat ons nou in gehoorsaamheid sy Naam sal verheerlik en Hom sal verkondig.