Preek Sketse - 2 Februarie 2025
Oggend erediens Sing: Ps. 75:1,4; Ps. 75:6; Ps. 71:1,9; Ps. 25:1,5; Ps. 89:1,17 Lees: Psalm 32 Teks: Psalm 32:1,2 Tema: Ons sonde word in Christus vergewe daarom kan ons God met blydskap dien.
PSALMS 32 Die seλn van skuldvergifnis. 1 'n PSALM van Dawid; 'n onderwysing. Welgeluksalig is hy wie se oortreding vergewe, wie se sonde bedek is. 2Welgeluksalig is die mens aan wie die Here die ongeregtigheid nie toereken nie en in wie se gees geen bedrog is nie. 3Toe ek geswyg het, het my gebeente uitgeteer in my gebrul die hele dag; 4want u hand was dag en nag swaar op my; my murg het verander soos deur somergloed. Sela. 5 My sonde het ek U bekend gemaak, en my ongeregtigheid het ek nie bedek nie. Ek het gesκ: Ek wil aan die Here my oortredinge bely; en Ϊ het die ongeregtigheid van my sonde vergewe. Sela. 6Daarom sal elke vrome U aanbid in 'n tyd as U te vinde is; ja, by 'n oorstroming van groot waters sal hulle nie aan hom raak nie. 7U is 'n skuilplek vir my; U bewaar my vir benoudheid; U omring my met vrolike gesange van bevryding. Sela. 8Ek wil jou onderrig en jou leer aangaande die weg wat jy moet gaan; Ek wil raad gee; my oog sal op jou wees. 9Wees nie soos 'n perd, soos 'n muilesel wat geen verstand het nie, wat 'n mens moet tem met toom en teuel as sy tuig, anders kom hy nie naby jou nie. 10 Die goddelose het baie smarte, maar hy wat op die Here vertrou met goedertierenheid sal Hy hom omring. 11Wees bly in die Here en juig, o regverdiges! En jubel, alle opregtes van hart!
Tema: Ons sonde word in Christus vergewe daarom kan ons God met blydskap dien.
Die noodsaak van vergifnis Psalm 32 is een van sewe belydenis liedere in die Psalm bundel waarin daar veral op die belydenis en vergifnis van ons sonde gefokus word. Dawid het hierdie Psalm gedig nadat hy in sonde met Batseba geval het. Dit wat sonde is word baie duidelik aan ons openbaar. Dit is wanneer mens teen die grense wat die Here gestel het rebelleer en teen Hom in opstand kom. Die gevolge daarvan is dat ons die Here vertoorn en die Gees bedroef. Wanneer ons besef hoe ernstig ons sonde is besef ons ook hoe noodsaaklik dit is dat ons vergewing sal ontvang.
Die werking van vergifnis Die groot genade bestaan daarin dat die Here aan ons vergifnis skenk op grond van Christus se soenverdienste aan die kruis. Hierdie vergewing wat ons ontvang geskied volgens n bepaalde werking. die sonde word vergewe, dit word bedek en dit word nie toegereken nie. Christus het ons sonde aan die kruis gedra en dit met sy bloed bedek. Nou word ons verkeerde dade ons nie meer toegereken nie. Die Here hou nie dit wat ons verkeerd gedoen het so teen ons nie, dat dit later weer opgehaal word nie. Christus het ons sonde ten volle uitgewis.
Die gevolge van vergifnis Die gevolge van die sonde is geweldig in ons lewe. Tog bly ons nie vasgevang in daardie gevolge nie. Die gevolge van vergifnis is wonderbaarlik en dring ons tot dankbaarheid. Op grond van die vergifnis wat ons ontvang het kan ons nou in n nuwe gehoorsaamheid voor die Here leef en Hom met n dankbare gehoorsaamheid dien. Die Heilige Gees werk in ons en rig ons om ons wil te buig sodat eenswillend met die wil van ons Vader sal wees. Daarom leef ons nou om die wil van die Here te doen. Aand erediens Sing: Ps. 48:1,4; Ps. 32:1,2; Ps. 32:5,6 Lees: Rom. 5:12-21; Son 3 Teks: Rom. 5:19; Son 3 Tema: Al is die mens goed geskape het ons so diep geval dat ons totaal verdorwe is
ROMEINE 5:12-21
Deur een mens het die sonde in die wκreld gekom, deur een mens ook die geregtigheid en die lewe. 12DAAROM, soos deur een mens die sonde in die wκreld ingekom het en deur die sonde die dood, en so die dood tot alle mense deurgedring het, omdat almal gesondig het 13want vσσr die wet was daar al sonde in die wκreld; maar sonde word nie toegereken as daar geen wet is nie. 14Tog het die dood geheers van Adam af tot op Moses, ook oor hulle wat nie gesondig het in die gelykheid van die oortreding van Adam nie, wat 'n voorbeeld is van Hom wat sou kom. 15Maar dit is met die misdaad nie soos met die genadegawe nie; want as deur die misdaad van die ιιn baie gesterf het, veel meer het die genade van God en die gawe deur die genade van die een mens, Jesus Christus, vir baie oorvloedig geword. 16En nie soos deur ιιn wat gesondig het, is die gawe nie; want die oordeel was uit ιιn tot veroordeling, maar die genadegawe is uit baie misdade tot vryspraak. 17Want as ten gevolge van die misdaad van die ιιn die dood geheers het deur die ιιn, veel meer sal hulle wat die oorvloed van die genade en van die gawe van die geregtigheid ontvang, in die lewe heers deur die Ιιn, Jesus Christus. 18Daarom dan, net soos dit deur een misdaad vir alle mense tot veroordeling gekom het, so ook is dit deur een daad van geregtigheid vir alle mense tot regverdigmaking van die lewe. 19Want soos deur die ongehoorsaamheid van die een mens baie tot sondaars gestel is, so sal ook deur die gehoorsaamheid van die Ιιn baie tot regverdiges gestel word. 20Maar die wet het daar bygekom, sodat die misdaad meer sou word; en waar die sonde meer geword het, het die genade nog meer oorvloedig geword; 21sodat, soos die sonde geheers het in die dood, so ook die genade kan heers deur die geregtigheid tot die ewige lewe deur Jesus Christus, onse Here.
Sondag 3 Vraag 6: Het God die mens dan so sondig en verkeerd geskep? Antwoord: Nee, God het die mens goed (a) en na sy ewebeeld geskep (b). Dit beteken: in ware geregtigheid en heiligheid, sodat hy God sy Skepper reg kon ken, Hom van harte kon liefhκ en saam Hom in die ewige saligheid kon lewe om Hom te loof en te prys (c). (a) Gen 1:31. (b) Gen I:26, 27. (c) Ef 4:24; Kol 3 2; 2 Kor 3:18. Vraag 7: Waar kom hierdie verdorwe natuur van die mens dan vandaan? Antwoord: Van die val en ongehoorsaamheid van ons eerste ouers, Adam en Eva, in die paradys (a). Daar het ons natuur so verdorwe geraak dat ons almal in sonde ontvang en gebore word (b). (a) Gen 3; Rom 5:12, 18, 19. (b) Ps 51:7; Gen 5:3 Vraag 8: Is ons so verdorwe dat ons glad nie in staat is om iets goeds te doen nie en tot alle kwaad geneig is? Antwoord: Ja (a), behalwe as ons deur die Gees van God weergebore word (b). (a) Gen 8:21;6:5; Job 14:4; 15:14, 16, 35; Joh 3:6; Jes 53:6. (b) Joh 3:3, 5; 1 Kor 12:3; 2 Kor 3:5.
Tema: Al is die mens goed geskape het ons so diep geval dat ons totaal verdorwe is
Die mens is goed geskape. Wanneer die mens onder die besef van sy eie ellende kom moet ons natuurlik ook verstaan waar ons ellende vandaan kom. In die Kategismus word dit duidelik gestel dat die mens nie sondig geskape is nie, maar dat hy volkome goed na die beeld van God geskape is. As profeet kon hy God reg ken, as priester kon hy God in gehoorsaamheid dien en as koning kon hy God ten volle in die ewige saligheid loof en prys. God het ook nie van die mens geλis wat hy nie kon doen nie. Om hierdie rede is die ellende van die mens nie aan God te wyte nie, maar het ons dit self veroorsaak. Die mens het diep geval. Die volgende saak wat nou aan die orde kom is die vraag wat veroorsaak het dat die mens so diep in sy ellende geval het. Die mens is deur die val van Adam in die ellende gestort is. Die mensdom is in Adam verteenwoordig, daarom is ons ook vandag nog verteenwoordig in sy ongehoorsaamheid. Sy val het n geweldige effek deurdat dit die hele skepping raak. Deur die ongehoorsaamheid van die een word baie eindelik tot sondaars gestel wat aan die regverdige oordeel van God onderworpe is. Die mens is totaal verdorwe. Die val van die mens in die ellende se gevolge is egter vκrreikend. Nou is die mens nie meer in staat om enigsins goed te doen nie. Sy doel hier in die skepping was om God te ken, te dien en te eer, maar nou kan dit nie meer realiseer nie. Om dit te herstel is daar egter net een uitweg en dit is die wedergeboorte. Wat by die mens onmoontlik is om te bereik is by God moontlik. Daarom stuur hy sy eniggebore Seun sodat ons langs die weg van sy volmaakte gehoorsaamheid deur die wedergeboorte gered kan word.
4
PreekvoorligtingSondag9 Februarie 2025 Aand erediens Sing:Ps. 34:1,2,3; Ps. 130:1,2; Ps. 130:3,4. Lees:Gal 3:1-14; Son 4 Teks:Son 4 Tema:God oordeel die ongeregtigheid omdat Hy die regverdige is. Die regverdige eis van God. Deel van die mens se ellende is dat ons altyd die blaam vir ons eie foute na ander wil skuif. In Son 3 het ons gevra of God ons dan nie so geskape het dat ons in sonde geval het nie. Nee, Hy het ons goed geskape. Nou gaan ons nog verder. Is Hy dan die onregverdig as Hy van ons iets eis waartoe ons nie in staat is nie. Die feit is dat die mens aan die begin goed geskape is en daarom tot die goeie in staat is. Om hierdie rede is dit nie onregverdig van die Here om die goeie van die mens te eis nie. God is nie die oorsaak van die geweldige oordeel waarin die mens homself gedompel het nie. Die regverdige straf van God. Op grond van die feit dat die Here nie van die mens eis wat hy nie kan doen nie openbaar God sy regverdige oordeel oor die sondegevalle mens. Die sondeval van die mens is so groot en die opstand teen God so geweldig dat God in sy geregtigheid ons met sy oordeel moet straf. Die regverdige oordeel van die Here spruit voort uit sy geweldige toorn oor die ongehoorsaamheid van die mens. So geweldig is sy toorn dat Hy die mens na die liggaam en siel in die tyd en die ewigheid met die ewige dood wil straf. Hy is regverdig in sy oordeel. Die regverdige liefde van God. Alhoewel ons by die aanhoor van hierdie realiteit moet sidder is dit wonderbaarlik dat hier reeds al flikkerings van hoop deurskemer. God is regverdig maar Hy is ook barmhartig. Te midde van sy barmhartigheid sien hy nie net die sonde oor nie, maar hy oordeel dit in geregtigheid. Hierdie regverdige oordeel en regverdige liefde van die Here ontmoet mekaar waar Christus aan die kruis sterf. Eerder as om die sonde ongestraf te laat straf hy dit met die bittere en smadelike dood van Christus. |