Preek Sketse - 8 Junie 2025
Oggend Diens
Sing: Ps. 33:1,2; Ps. 34:3; Ps. 34:4,8: Ps. 31:4,15; Ps. 33:3,5. Lees: Rom. 8:1-17. Teks: Rom. 8:16. Tema: Die werking van die Heilige Gees in ons verlossing.
ROMEINE 8:1-17
Die nuwe lewe onder die genade. Die Gees van heiligheid en aanneming as kinders.
1DAAR is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees. 2Want die wet van die Gees van die lewe in Christus Jesus het my vrygemaak van die wet van die sonde en die dood. 3Want God het wat vir die wet onmoontlik was, omdat dit kragteloos was deur die vlees deur sy eie Seun in die gelykheid van die sondige vlees te stuur, en dit ter wille van die sonde, die sonde veroordeel in die vlees, 4sodat die reg van die wet vervul kon word in ons wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees. 5Want die wat vleeslik is, bedink vleeslike dinge, maar die wat geestelik is, geestelike dinge. 6Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede, 7omdat wat die vlees bedink, vyandskap teen God is; want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie. 8En die wat in die vlees is, kan God nie behaag nie; 9julle is egter nie in die vlees nie, maar in die Gees, as naamlik die Gees van God in julle woon. Maar as iemand die Gees van Christus nie het nie, diι behoort nie aan Hom nie. 10Maar as Christus in julle is, dan is die liggaam dood vanweλ die sonde, maar die gees is lewe vanweλ die geregtigheid. 11En as die Gees van Hom wat Jesus uit die dode opgewek het, in julle woon, dan sal Hy wat Christus uit die dode opgewek het, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon. 12Daarom dan, broeders, is ons skuldenaars, nie aan die vlees om na die vlees te lewe nie; 13want as julle na die vlees lewe, sal julle sterwe, maar as julle deur die Gees die werke van die liggaam doodmaak, sal julle lewe. 14Want almal wat deur die Gees van God gelei word, diι is kinders van God. 15Want julle het nie ontvang 'n gees van slawerny om weer te vrees nie, maar julle het ontvang die Gees van aanneming tot kinders, deur wie ons roep: Abba, Vader! 16Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is; 17en as ons kinders is, dan ook erfgename, erfgename van God en mede-erfgename van Christus, as ons naamlik saam met Hom ly, sodat ons ook saam met Hom verheerlik kan word.
Tema: Die werking van die Heilige Gees in ons verlossing.
Die inwoning van die Gees. In gereformeerde kringe hoor ons dikwels die aanklag dat ons te min van die werk van die Heilige Gees maak. Tog is die gawe van die Heilige gees een van die belangrikste gebeurtenisse in die geskiedenis van die kerk. In die brief aan die Romeine word daar indringend aandag gegee aan die werk van die Heilige Gees. Ons leef opnuut deur die Gees wat ons vry van die wet gemaak het. Die gelowige wandel nie meer in die vlees nie, maar deer die Gees. Dit is eindelik die Gees wat in ons woon omdat almal wat aan Christus behoort die gawe van die Gees sal ontvang.
Die leiding van die Gees. Die groot genade wat die Here aan ons gee word nou sigbaar in die feit dat ons deur die Heilige Gees gelei word in die regte weλ. Onder die leiding van die Heilige Gees word die gelowige op sy lewenspad deur die Gees vergesel, maar ook deur die Gees in sy optrede gerig. So kan die kind van die Here in n nuwe en heilige lewe volhard. Dit is onder die leiding van die Heilige Gees wat ons ons sonde kan sien en ons ellende kan erken. Dit is die Gees wat ons lewens weg na Christus toe lei sodat ons ons verlossing in Hom alleen sal soek en as kinders van God leef.
Die voorspraak van die Gees. Die verdere seλn wat in die gawe van die Heilige Gees sigaar word is die feit dat ons nou deel in die voorspraak deur die Gees. Die kinders van die Here kan tot Vader in gebed roep want Hy is as Trooster aan ons gegee. Deur hierdie voorspraak kan ons seker wees dat ons kinders van God is. Christus tree vir sy kinders in die hemel in en bring ons gebede voor die Vader, maar hier op aarde tree die Gees vir ons in. Hy verseker en vertroos ons dat ons Vader ons gebede verhoor. Aand Diens
Sing: Ps. 111:1,2,4; Ps. 145:1,3,10,12; Skr. 5:1,2. Lees: Joh. 1:1-14; Son 14 Teks: Joh. 1:1,14; Son 14 Tema: In Christus het God waarlik mens geword sodat ons van al ons sondes verlos is.
JOHANNES 1:1-14
Die vleeswording van die Woord.
1 IN die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. 2Hy was in die begin by God. 3 Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie. 4 In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense. 5En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie. 6Daar was 'n man van God gestuur, wie se naam Johannes was. 7Hy het tot 'n getuienis gekom om van die lig te getuig, sodat almal deur hom sou glo. 8Hy was nie die lig nie, maar hy moes van die lig getuig. 9Die waaragtige lig wat elke mens verlig, was aan kom in die wκreld. 10Hy was in die wκreld, en die wκreld het deur Hom ontstaan, en die wκreld het Hom nie geken nie. 11Hy het na sy eiendom gekom, en sy eie mense het Hom nie aangeneem nie. 12Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo; 13wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van 'n man nie, maar uit God gebore is. 14En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon en ons het sy heerlikheid aanskou, 'n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom vol van genade en waarheid.
Sondag 14
Vraag 35: Wat beteken: wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore is uit die maagd Maria? Antwoord: Dat die ewige Seun van God, wat ware en ewige God is (a) en bly (b), die ware menslike natuur uit die vlees en bloed van die maagd Maria (c) deur die werking van die Heilige Gees aangeneem het (d). So is Hy tegelykertyd die ware nakomeling van Dawid (e), in alles aan sy broers gelyk (f), behalwe die sonde (g) (a) 1 Joh 5:20; Joh 1:1; 17:3; Rom 1:3; Kol 1:15. (b) Rom 9:5. (c) Gal 4:4; Luk 1:31, 42, 43. (d) Matt 1:20; Luk 1:35. (e) Rom 1:3; Ps 132:11; 2 Sam 7:12; Luk 1:32; Hand 2:30. (f) Fil 2:7; Heb 2:14, 17. (g) Heb 4:15.
Vraag 36: Watter nut verkry jy uit die heilige ontvangenis en geboorte van Christus? Antwoord: Dat Hy ons Middelaar is (a), en met sy onskuld en volkome heiligheid my sonde waarin ek ontvang en gebore is, voor God bedek (b). (a) Heb 7:26, 27. (b) 1 Pet 1:18, 19; 3:18; 1 Kor 1:30, 31; Rom 8:3, 4; Jes 53:11; Ps 32:1.
Tema: In Christus het God waarlik mens geword sodat ons van al ons sondes verlos is.
Christus is God Ons bely hoofsaaklik twee aspekte van Christus se lewe in die 12 Artikels. In die eerste plek sien bely ons ons geloof in wie Christus is en in die tweede plek oor dit wat Christus kom doen het. Van Son 14 fokus ons nou op sy verlossingswerk wat met sy vernedering begin. Die vernedering van Christus begin nou by die wonderbaarlikheid van sy geboorte. Die geboorte van ons Verlosser uit ʼn maagd is in die eerste plek belangrik omdat dit aan ons bevestig dat Hy God is. Hy is die Woord van God wat van die begin af by God was en wat self God is.
Christus word mens Te midde van die feit dat Hy God is het Christus uit sy eie besluit en in gehoorsaamheid aan die Vader sy Goddelike heerlikheid vir ʼn tyd afgelκ en die menslike natuur aangeneem. Dit doen Hy deur sy geboorte uit die maagd Maria. Terwyl Hy ware God is en het Hy volkome mens geword deur die werking van die Heilige Gees. Te midde van die wonder dat die Woord by God is en self God is, beskryf Johannes vir ons die wonder dat Hy onder ons kom woon het. Hy het met al ons lyde en hartseer en versugtinge geduld want Hy is volkome mens, net sonder enige sonde.
Christus bewerk volkome verlossing Die heerlike feit dat Christus mens geword het, het vir elkeen van sy kinders ʼn wonderbaarlike nut. In die heerlike feit dat Hy onder ons kom woon het kan ons verseker wees dat Hy die volle prys van ons sonde kom betaal het. Hy het Homself verneder sodat Hy ons skuld kan wegneem en ons weer in ʼn herstelde verhouding met God ons Vader kan leef. Waar ons in sonde ontvang en gebore is het Christus, die volmaakte heilige ons sondes op Hom geneem en die prys vir ons betaal |