Preek Sketse - 09 Maart 2025
Oggend Diens
Sing: Ps. 33:1,2; Ps. 33:11; Ps. 77:1,6; Skr. 17:1,5,6; Ps. 36:2,3 Lees: Matt. 6:19-34 Teks: Matt. 6:33. Tema: Ons word geroep om onder die regeermag van Christus te buig.
Matt 6:19-34
19 Moenie vir julle skatte bymekaarmaak op die aarde, waar mot en roes verniel en waar diewe inbreek en steel nie; 20 maar maak vir julle skatte bymekaar in die hemel, waar geen mot of roes verniel nie en waar diewe nie inbreek en steel nie; 21 want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees. 22 Die lamp van die liggaam is die oog. As jou oog dan reg is, sal jou hele liggaam verlig wees. 23 Maar as jou oog verkeerd is, sal jou hele liggaam donker wees. As dan die lig in jou donkerheid is, hoe groot is die donkerheid nie! 24 Niemand kan twee here dien nie; want ςf hy sal die een haat en die ander liefhκ, ςf hy sal die een aanhang en die ander verag. Julle kan nie God ιn Mammon dien nie! 25 Daarom sκ Ek vir julle: Moenie julle kwel oor jul lewewat julle sal eet en wat julle sal drink nie; of oor jul liggaamwat julle sal aantrek nie. Is die lewe nie meer as die voedsel en die liggaam as die klere nie? 26 Kyk na die voλls van die hemel; hulle saai nie en hulle maai nie en hulle bring nie bymekaar in skure nie, en tog voed julle hemelse Vader hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie? 27 Wie tog onder julle kan, deur hom te kwel, een el by sy lengte voeg? 28 En wat kwel julle jul oor klere? Let op die lelies van die veld, hoe hulle groei; hulle arbei nie en hulle spin nie; 29 en Ek sκ vir julle dat selfs Salomo in al sy heerlikheid nie bekleed was soos een van hulle nie. 30 As God dan die gras van die veld, wat vandag daar is en mτre in n oond gegooi word, so beklee, hoeveel te meer vir julle, kleingelowiges? 31 Daarom moet julle jul nie kwel en sκ: Wat sal ons eet, of wat sal ons drink, of wat sal ons aantrek nie? 32 Want na al hierdie dinge soek die heidene; want julle hemelse Vader weet dat julle al hierdie dinge nodig het. 33 Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word. 34 Kwel julle dus nie oor mτre nie, want mτre sal hom oor sy eie dinge kwel. Elke dag het genoeg aan sy eie kwaad.
Tema: Ons word geroep om onder die regeermag van Christus te buig.
Die soeke na die koninkryk. In die bergpredikasie is Christus besig om die skare voor hom te onderrig oor die implikasie en die betekenis van God se regeermag in die lewe van sy gelowige kinders. Christus leer egter dat die burgers van sy koninkryk eerste die koninkryk van God moet soek. Die koninkryk wys op die regeermag van God soos dit in Christus openbaar word. Om dit te soek beteken dat die burgers van die koninkryk hulle gedagtes, woorde en dade op die koningskap van Christus moet rig. Sy regeermag moet sigbaar word in die lewe van sy burgers.
Die soeke na die geregtigheid. Op dieselfde vlak van die soeke na die koninkryk van God moet die burgers van die koninkryk ook daarop ingestel wees om die geregtigheid van God te soek. Die geregtigheid van God beteken eenvoudig gestel om dit wat reg is in die oλ van die Here te doen. Waar die soeke na die koninkryk van God ons gedagtes op Christus rig, rig ons soeke na geregtigheid ons dade op gehoorsaamheid aan ons koning. Christus het vir ons volkome aan die geregtigheid van God voldoen, maar deur die werking van die Gees kan en moet ons nou hierin wandel.
Die wonder van versorging. Die hoofgedagte van hierdie gedeelte van die bergpredikasie gaan oor die mens se soeke na stoflike dinge en die kwellinge van elke dag se bestaan. Maar wanneer ons aandag op die koninkryk van God en sy geregtigheid gerig is kan ons in die vaste vertroue leef dat Hy al die dinge wat ons nodig het aan ons sal gee. Dit beteken nie dat ons geen verantwoordelikheid het nie, maar dat ons in ons roepingswerk nie meer op ons self en ons eie aspirasies gerig is nie. Nou werk ons om God te verheerlik in die wete dat Hy ons daagliks versorg. Aand Diens
Sing: Ps. 71:1,9; Ps. 145:1,2; Ps. 145:3,4,5. Lees: Matt 28:16-20; Son 8 Teks: Son 8 Tema: Op grond van Christus se openbaring glo ons in die Goddelike Drie-eenheid.
Mat 28:16-20
16 En die elf dissipels het na Galilιa gegaan, na die berg waar Jesus hulle bestel het. 17 En toe hulle Hom sien, het hulle Hom aanbid; maar sommige het getwyfel. 18 En Jesus het nader gekom en met hulle gespreek en gesκ: Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde. 19 Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. 20 En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wκreld. Amen.
Sondag 8
Vraag 24: Hoe word hierdie artikels ingedeel? Antwoord: In drie dele: die eerste handel oor God die Vader en ons skepping; die tweede oor God die Seun en ons verlossing; die derde oor God die Heilige Gees en ons heiligmaking.
Vraag 25: Terwyl daar maar tog net een, enige Goddelike Wese is, waarom praat jy van drie, naamlik die Vader, Seun en Heilige Gees (a)? Antwoord: Omdat God Hom so in sy Woord geopenbaar het (b) dat hierdie drie onderskeie Persone die enige, ware en ewige God is. (a) Deut 6:4; Ef 4:6; Jes 44:6; 45:5; 1 Kor 8:4, 6. (b) Jes 61:1; Luk 4:18; Gen 1:2, 3; Ps 33:6; Jes 48:16; Matt 3:16, 17; 28:19; 1 Joh 5:7; Jes 6:1, 3; Joh 14:26; 15:26; 2 Kor 13:13; Gal 4:6; Ef 2:l8; Tit 3:5, 6.
Tema: Op grond van Christus se openbaring glo ons in die Goddelike Drie-eenheid.
Die belydenis van die drie eenheid Te midde van die feit dat kennis ʼn baie belangrike deel van ons geloof is, is daar tog sekere dinge wat vir ons te wonderbaar is om te verstaan. Een van hierdie dinge is die leer van die drie eenheid. Wanneer Christus sy dissipels hulle laaste onderrig gee voordat Hy na die hemel opvaar beveel Hy hulle om die evangelie aan al die nasies te verkondig en de wat glo te doop. Hierdie doop moet in die naam van die Drie-Enige God geskied. Alleen hulle wat deur n ware geloof in Christus ingelyf is kan die wonder hiervan aanvaar.
Die openbaring van die Drie-eenheid Deur die geskiedenis van die kerk het hierdie leerstuk voortdurend onder skoot gekom. Alhoewel die woord Drie-Eenheid nie in die Bybel voorkom nie is die saak tog duidelik. By die geboorte van Christus sien ons dit en die volk kon dit by Christus se doop se self hoor. In die Naam van die drie enige God word verbondskinders en bekeerlinge gedoop, gegroet en geseλn. Hierdie werklikheid word nie bepaal deur die verstaanbaarheid vir die menslike brein nie, maar berus alleen op die self bekendmaking van God in sy Woord.
Die wese van die Drie-eenheid Vader Seun en Heilige Gees word aan ons bekend gemaak en ons kan in Hom glo. Die wese hiervan kan ons wel onderskei maar nie los van mekaar maak nie. Die Vader openbaar Homself aan ons as die Skepper en onderhouer van hemel en aarde. Hy is die bron van alle goeie gawes aan sy kinders. In die openbaring van God die Seun sien ons die heerlikheid van die verlossingsplan van God bekend gemaak. In God die Heilige Gees word die Vader en die Seun verheerlik.
|