Preek Sketse - 11 Mei 2025
Oggend diens
Sing: Ps. 34:1,2; Ps. 34:6; Ps. 81:4,5; Ps. 32:1,4; Ps. 32:5,6. Lees: Rom. 6:1-14 Teks: Rom. 6:11 Tema: Christus het ons geheilig sodat die sonde nie oor ons sal heers nie, maar ons daarteen stry.
Ons sterf saam met Christus
ROMEINE 6:1-14
Die genade is geen vrybrief vir die sonde nie, maar verlos ons van die heerskappy daarvan.
1WAT sal ons dan sκ? Sal ons in die sonde bly, dat die genade meer kan word? 2Nee, stellig nie! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe? 3Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie? 4Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in 'n nuwe lewe kan wandel. 5Want as ons met Hom saamgegroei het deur die gelykvormigheid aan sy dood, sal ons dit tog ook wees deur diι aan sy opstanding; 6aangesien ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie. 7Want hy wat gesterf het, is geregverdig van die sonde. 8As ons dan saam met Christus gesterf het, glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe, 9omdat ons weet dat Christus, nadat Hy opgewek is uit die dode, nie meer sterf nie. Die dood heers oor Hom nie meer nie. 10Want die dood wat Hy gesterf het, het Hy vir die sonde eens en vir altyd gesterwe; maar die lewe wat Hy leef, leef Hy vir God. 11So moet julle ook reken dat julle wel vir die sonde dood is, maar lewend is vir God in Christus Jesus, onse Here. 12Laat die sonde dan in julle sterflike liggaam nie heers dat julle aan sy begeerlikhede gehoorsaam sou wees nie. 13En moenie julle lede stel tot beskikking van die sonde as werktuie van ongeregtigheid nie, maar stel julleself tot beskikking van God as mense wat uit die dode lewend geword het, en julle lede as werktuie van geregtigheid in die diens van God. 14Want die sonde sal oor julle nie heers nie; want julle is nie onder die wet nie, maar onder die genade.
Tema: Christus het ons geheilig sodat die sonde nie oor ons sal heers nie, maar ons daarteen stry.
Ons sterf saam met Christus In ons selfondersoek en voorbereiding om na die tafel van die Here te kom moet ons in die eerste plek bewus wees van ons sonde. In die brief aan die Romeine beklemtoon Paulus aan die gemeente dat hulle van hulle sonde verlos is deur die dood van Christus. Hy het die prys vir ons oortredinge aan die kruis gedra en so die prys van die dood betaal. Nou is ons geheilig om weer in gemeenskap met God te leef. Om dit te doen moet ons ook saam met Christus in ons ou sondige natuur sterf.
Ons leef vir God in Christus Christus het egter nie net die dood gesterf om die prys van ons sonde te betaal nie, maar Hy het ook die dood oorwin deur sy opstanding. Die wonder hiervan is dat wanneer ons saam met Christus gesterf het deel ons ook in sy opstanding en sal ons nou saam met Hom lewe. Ons lewe deur Christus wys nie net op die ewige lewe wat ons by die wederkoms sal beλrwe nie, maar breek al hier vir ons deur. Nou kan ons in n nuwe lewe voor Hom wandel.
Ons heers met Christus Ons wandel in n nuwe lewe met Hom het baie belangrike implikasie vir ons daaglikse bestaan. Ons nuwe lewe behels dat ons met Christus oor die oorblywende sonde in ons sal heers. Wanneer ons oor die sonde heers beteken dit dat die kind van die Here nie toegee aan sy liggaamlike begeerlikhede nie. In ons selfondersoek voordat ons na die tafel van die Here kom, word ons deur Christus gedring om waarlik oor ons sonde te heers.
Aanddiens
Sing: Ps. 65:1,3; Ps. 36:2,3; Ps. 145:1,5,6,7. Lees: Psalm 139; Son 10 Teks: Son 10 Tema: Ons is getroos en verseker van ons Vader se almag en soewereiniteit in sy voorsienigheid.
Die wese van die voorsienigheid.
PSALMS 139
Die goddelike alwetendheid.
1 VIR die musiekleier. 'n Psalm van Dawid. Here, U deurgrond en ken my. 2U ken my sit en my opstaan; U verstaan van ver my gedagte. 3U deurvors my gaan en my lκ, en U is met al my weλ goed bekend. 4Want daar is nog geen woord op my tong nie of U, Here, U ken dit geheel en al. 5U sluit my in van agter en van voor, en U lκ u hand op my. 6Om dit te begryp, is te wonderbaar vir my, te hoog: ek kan daar nie by nie. 7 Waar sou ek heengaan van u Gees en waarheen vlug van u aangesig? 8 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! 9Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, 10ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou. 11En as ek sκ: Mag tog net die duisternis my oorval en die lig nag wees tot my beskutting, 12dan is selfs die duisternis vir U nie donker nie, en die nag gee lig soos die dag, die duisternis is soos die lig. 13Want Ϊ het my niere gevorm, my in my moeder se skoot geweef. 14Ek loof U, omdat ek so vreeslik wonderbaar is; wonderbaar is u werke! En my siel weet dit alte goed. 15My gebeente was vir U nie verborge toe ek in die geheim gemaak is nie, kunstig geweef in die dieptes van die aarde. 16U oλ het my ongevormde klomp gesien; en in u boek is hulle almal opgeskrywe: dae dat alles bepaal was, toe nog geeneen van hulle daar was nie. 17Hoe kosbaar is dan vir my u gedagtes, o God! Hoe geweldig is hulle volle som nie! 18Wil ek hulle tel, hulle is meer as die sand; word ek wakker, dan is ek nog by U. 19 o God, as U tog maar die goddelose wou ombring! En julle manne van bloed, gaan van my af weg! 20Hulle wat arglistig teen U spreek, u Naam ydellik verhef u teλstanders! 21 Here, sou ek diι nie haat wat vir U haat, en 'n afsku hκ van die wat teen U opstaan nie? 22Ek haat hulle met 'n volkome haat; vyande is hulle vir my! 23Deurgrond my, o God, en ken my hart; toets my en ken my gedagtes; 24en kyk of daar by my 'n weg is van smart, en lei my op die ewige weg!
Sondag 10 - TEKS
Vraag 27: Wat verstaan jy onder die voorsienigheid van God?
Antwoord: Die almagtige en oralteenwoordige krag van God (a) waardeur Hy hemel en aarde en al die skepsels asof met sy hand nog onderhou en so regeer (b) dat lower en gras, reλn en droogte (c), vrugbare en onvrugbare jare, voedsel en drank, gesondheid en siekte (d), rykdom en armoede (e) en alles, ons nie per toeval nie, maar uit sy Vaderhand toekom (f).
(a) Hand 17:25-28; Jer 23:23, 24; Jes 29:15, 16; Eseg 8:12. (b) Heb 1:3. (c) Jer 5:24; Hand 14:17. (d) Joh 9:3. (e) Spr 22:2. (f) Matt 10:29; Spr 16:33.
Vraag 28: Wat baat dit ons dat ons weet dat God alles geskep het en dit nog deur sy voorsienigheid onderhou?
Antwoord: Dat ons in alle teλspoed geduldig (a) en in voorspoed dankbaar (b) kan wees. Verder dat ons ook vir die toekoms n vaste vertroue in ons getroue God en Vader (c) kan stel dat geen skepsel ons van sy liefde sal skei nie (d), aangesien alle skepsels so in sy hand is dat hulle sonder sy wil nie kan roer of beweeg nie (e).
(a) Rom 5:3; Jak 1:3; Ps 39:10; Job 1:21, 22. (b) 1 Tess 5:18; Deut 8:10. (c) Ps 55:23; Rom 5:4. (d) Rom 8:38, 39. (e) Job 1:12; 2:6; Spr 21:1; Hand 17:2.
Tema: Ons is getroos en verseker van ons Vader se almag en soewereiniteit in sy voorsienigheid.
Die wese van die voorsienigheid. In Sondag 9 bely ons wonderlike dinge oor die wese van God ons Vader. Hy is ter wille van Christus my Vader en Skepper. In Sondag 10 word daar nog meer oor die werk van ons Vader en skepper bely. Hy voorsien aan sy kinders in alle dinge wat hulle nodig het. die voorsienigheid van God is die almagtige en oral teenwoordige krag van God waarmee hy alles as of met sy eie hand onderhou en regeer. Dit is die bemoeienis wat ons Vader aan die een kant met elkeen van sy kinders, maar ook met sy skepping in die geheel maak. Omdat hy alles in sy hand hou en oor alles in sy skepping regeer gebeur niks per toeval nie. Hy rig en stuur alles sodat sy koningskap eindelik sigbaar word.
Die werking van die voorsienigheid. Hierdie feit bring by baie mense ernstige vrae na vore want te midde van sy regering waarin hy die goeie vir sy kinders soek is daar tog hartseer en teλspoed wat gebeur. In die midde van die teλspoed erken en bely ons dat dit ons ook uit die hand van die Vader toekom omdat Hy oor ons regeer. In die Skrif is dit duidelik dat Hy Abraham op stoflike gebied besonder seλn, maar dat Hy ook vir Job kan beproef en alles van Hom wegneem. Vir die menslike verstand is dit moeilik om te deurgrond en te verstaan maar hy sal eindelik die slegte dinge so rig dat dit vir sy kinders te goede meewerk.
Die troos van die voorsienigheid Hierdie wete bring vir die gelowige kind van die Here geweldige troos. Eindelik kan ons seker wees dat ons lewe en ons lot in die hand van die Here veilig is. Getroos kan ek in die midde van teλspoed geduldig wees omdat ons weet dat die Here vir ons alles te goede laat meewerk. In die midde van groot voorspoed rig die belydenis van ons voorsienigheid tot groot dankbaarheid omdat Hy die goeie aan ons gegee het. |