Preek Sketse - 15 Junie 2025
Oggend diens Sing: Ps. 75:1,4; Ps. 75:6; Ps. 77:1,6; Ps. 25:2,4; Ps. 119:7,14. Lees: Luk. 9:57-62 Teks: Luk. 9:62 Tema: Christus roep ons op om hom in gehoorsaamheid na te volg
LUKAS 9:57-62
Hoe Jesus gevolg moet word.
57EN terwyl hulle op reis was, sκ iemand op die pad vir Hom: Here, ek sal U volg, waar U ook mag gaan! 58Toe sκ Jesus vir hom: Die jakkalse het gate en die voλls van die hemel neste, maar die Seun van die mens het geen plek waar Hy sy hoof kan neerlκ nie. 59En Hy sκ aan 'n ander een: Volg My. Maar hy antwoord: Here, laat my toe om eers my vader te gaan begrawe. 60En Jesus sκ vir hom: Laat die dooies hul eie dooies begrawe; maar gaan jy en verkondig die koninkryk van God. 61En 'n ander een het ook gesκ: Here, ek sal U volg, maar laat my eers toe om afskeid te neem van die wat in my huis is. 62En Jesus antwoord hom: Niemand wat sy hand aan die ploeg slaan en agtertoe kyk, is geskik vir die koninkryk van God nie.
Tema: Christus roep ons op om hom in gehoorsaamheid na te volg
Die omstandighede waarin ons Christus volg Die kernboodskap van die evangelie is dat ons genade in die oλ van die Here gevind het. Ons kry deel aan hierdie genade deur die geloof alleen, maar dan moet ons ook in hierdie genade leef. n Lewe uit die Here se genade behels dat ons ook gehoorsaam sal wees aan die roeping van Christus om Hom na te volg. Die Skrifgeleerde in die gedeelte wat ons saam lees is opgewonde om dadelik te begin om Jesus te volg. Jesus wys hom egter daarop dat dit nie maklik is om Hom te volg nie, want hy eis gehoorsaamheid ook in moeilike omstandighede.
Die gehoorsaamheid waarmee ons Christus volg Die gehoorsaamheid wat Jesus van al sy volgelinge is vra n onvoorwaardelike verbintenis. Ons Here gebruik die beeld van die man wat eers sy ouers wil gaan begrawe. Die bedoeling is nie dat Jesus onsimpatiek oor mense se verlies staan nie, maar dat hy onvoorwaardelike gehoorsaamheid eis. Soms vra gehoorsaamheid aan die roeping van Christus dat ons die daaglikse dinge van ons bestaan sal agterlaat. Ons eie behoeftes is nie belangriker as die eis van Jesus om Hom te volg nie.
Die gesindheid waarmee ons Christus volg Die kind van die Here kom uiteindelik voor n beslissende keuse te staan. Dit word duidelik wanneer die derde persoon hom verbind om Jesus te volg. Hy wil net eers sy ouers gaan groet en van sy familie afskeid neem. Hy is bereid om Jesus te volg, maar nie dadelik nie. Dit is nie opsig self verkeerd om afskeid te neem nie, maar Jesus beklemtoon dat Hy van ons eis om alles te laat staan ter wille van sy koninkryk. Wanneer ons hand aan die ploeg slaan is dit belangrik om vorentoe te kyk en in sy diens te volhard.
|