Preek Sketse - 16 Februarie 2025
Oggend Diens Sing:Ps. 96:1,2,4; Ps. 96:5; Ps. 34:5,6; Skr. 45:4,8; Ps. 23:3; Ps. 116; Ps. 111:1,4. Lees:Hag. 2:1-9 Teks:Hag. 2:4-5 Tema:Die Here versterk ons sodat ons in gehoorsaamheid en met vertroue kan werk
HAGGAI 2:1-9 Belofte omtrent die heerlikheid van die herboude tempel. 1 OP die een-en-twintigste dag van die sewende maand het die woord van die Here deur die diens van die profeet Haggai gekom en gesę: 2Spreek tog met Serubbábel, die seun van Seáltiël, die goewerneur van Juda, en met Josua, die seun van Jósadak, die hoëpriester, en met die oorblyfsel van die volk en sę: 3 Wie is onder julle nog oor wat hierdie huis in sy vroeëre heerlikheid gesien het? En hoedanig sien julle dit nou? Lyk dit nie net soos niks in julle oë nie? 4 Nou dan, skep moed, Serubbábel, spreek die Here, en skep moed, Josua, hoëpriester, seun van Jósadak, en skep moed, julle almal, volk van die land, spreek die Here, en werk! Want Ek is met julle, spreek die Here van die leërskare, 5 met betrekking tot die verbond wat Ek met julle gesluit het by julle uittog uit Egipteland, en my Gees sal in julle midde bestendig bly; wees nie bevrees nie! 6Want so sę die Here van die leërskare: 'n Rukkie nog, 'n kort tydjie, dan sal Ek die hemel en die aarde en die see en die droë grond laat bewe. 7Ek sal ook al die nasies laat bewe, sodat die skatte van al die nasies sal toevloei; en Ek sal hierdie huis met heerlikheid vervul, sę die Here van die leërskare. 8 Aan My behoort die silwer en aan My die goud, spreek die Here van die leërskare. 9Die toekomstige heerlikheid van hierdie huis sal groter wees as die vroeëre, sę die Here van die leërskare; en op hierdie plek sal Ek vrede gee, spreek die Here van die leërskare.
Tema:Die Here versterk ons sodat ons in gehoorsaamheid en met vertroue kan werk
Ons bemoediging In die tyd van Haggai moet die volk weer opgeskerp word om met die heropbou van die tempel voort te gaan. Hulle moet hulle self ondersoek en sien dat die nabyheid en die teenwoordigheid van die Here nie meer die sentrale plek in hulle daaglikse lewe ingeneem het nie. Maar die Here gee hulle nie net die opdrag nie, Hy bemoedig hulle om sterk te wees. Hierdie bemoediging vind ons dikwels wanneer Israel voor groot uitdagings en momente in hulle volkslewe te staan kom. Tog kan hulle terugkyk en sien hoe die Here hulle bewaar het en hulle versterk het. Ons roeping Die volk kan terug kyk en in hulle geestesoog sien hoe goed die tempel was en deur die herinnering versterk word vir die taak. Wanneer die Here egter sy volk versterk roep Hy hulle ook nou op om te werk. Die werk aan die herbou van die tempel moet voort gaan sodat die simbool van die Here se teenwoordigheid weer duidelik kan word. Die werk wat ons daagliks in die koninkryk van die Here verrig kan ons alleen aanpak in vertroue op die Here. Omdat hy ons versterk weet ons ons werk nie uit eie krag of vir ons eie eer nie, maar alleen tot sy verheerliking. Ons versekering Die bemoediging en die roeping wat die Here aan ons gee, berus op die wonderlike sekerheid dat Hy getrou is aan sy verbond. Die werk wat ons daagliks in die Here se koninkryk doen staan altyd in die lig van dit wat Christus in sy volmaakte gehoorsaamheid aan die kruis gedoen het. Sy liggaam is gebreek en sy bloed het gevloei sodat ons opnuut verseker kan wees van die Here se teenwoordigheid in ons midde. In hierdie nagmaal word ons versterk om met die werk te kan voortgaan. ————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————— Aand Diens Sing:Ps. 106:1,2; Ps. 40:4; Ps. 89:1,8. Lees:Heb. 2:1-18; Son 5. Teks:Heb. 2:17; Son 5. Tema:Ons kan alleen deur die betaling van ons Middelaar van al ons sonde vergewe word.
HEBREËRS 2:1-18 Christus, as Seun van die mens bo die engele, is Hoëpriester en kan medelye met ons swakhede hę. 1DAAROM moet ons des te meer ag gee op wat ons gehoor het, dat ons nie miskien wegdrywe nie. 2Want as die woord deur engele gespreek, onwankelbaar was, en elke oortreding en ongehoorsaamheid regverdige vergelding ontvang het, 3 hoe sal ons ontvlug as ons so 'n groot saligheid veronagsaam wat, nadat dit eers deur die Here verkondig is, aan ons bevestig is deur die wat dit gehoor het, 4terwyl God ook nog saam getuig het deur tekens en wonders en allerhande kragtige dade en bedélinge van die Heilige Gees volgens sy wil? 5Want aan die engele het Hy die toekomstige węreld waarvan ons spreek, nie onderwerp nie; 6maar iemand het ęrens getuig en gesę: Wat is die mens, dat U aan hom dink, of die mensekind, dat U hom besoek? 7U het hom 'n weinig minder as die engele gemaak; met heerlikheid en eer het U hom gekroon en hom oor die werke van u hande aangestel. 8 Alle dinge het U onder sy voete gestel. Want in die onderwerping van alle dinge aan hom het Hy niks uitgesonder wat aan hom nie onderworpe is nie. Maar nou sien ons nog nie dat alle dinge aan hom onderwerp is nie; 9maar ons sien Hom, naamlik Jesus, wat vir 'n kort tydjie minder as die engele gemaak is, vanweë die lyde van die dood met heerlikheid en eer gekroon, sodat Hy deur die genade van God vir elkeen die dood sou smaak. 10 Want dit het Hom betaam, ter wille van wie alle dinge en deur wie alle dinge is, as Hy baie kinders na die heerlikheid wou bring, om die bewerker van hulle saligheid deur lyde te volmaak. 11Want Hy wat heilig maak, sowel as hulle wat geheilig word, is almal uit Een; om hierdie rede skaam Hy Hom nie om hulle broeders te noem nie, 12wanneer Hy sę: Ek sal u Naam aan my broeders verkondig, in die midde van die gemeente sal Ek U prys; 13en verder: Ek sal my vertroue op Hom stel; en verder: Hier is Ek en die kinders wat God My gegee het. 14Aangesien die kinders dan vlees en bloed deelagtig is, het Hy dit ook op dieselfde manier deelagtig geword, sodat Hy deur die dood hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het — dit is die duiwel — 15en almal kon bevry wat hulle hele lewe lank uit vrees vir die dood aan slawerny onderworpe was. 16Want waarlik, Hy bekommer Hom nie oor die engele nie, maar oor die geslag van Abraham bekommer Hy Hom. 17Daarom moes Hy in alle opsigte aan sy broeders gelyk word, sodat Hy 'n barmhartige en getroue hoëpriester kon wees in die dinge wat in betrekking tot God staan, om die sondes van die volk te versoen. 18 Want deurdat Hy self onder versoeking gely het, kan Hy dié help wat versoek word. Sondag 5 Vraag 12: Aangesien ons volgens die regverdige oordeel van God die tydelike en ewige straf verdien het, hoe kan ons van hierdie straf bevry en weer in genade aangeneem word? Antwoord: God wil dat daar aan sy geregtigheid voldoen word (a). Daarom moet ons ňf deur onsself ňf deur ’n ander ten volle betaal (b). (a) Gen 2:27; Eks 23:7; Eseg 18:4; Matt 5:26; 2 Tess 1:6; Luk 16:2. (b) Rom 8:4. Vraag 13: Kan ons deur onsself betaal? Antwoord: Nee, glad nie; ons maak juis ons skuld elke dag nog groter (a). (a) Job 9:2; 15:15, 16; 4:18, 19; Ps 130:3; Matt 6:12; 18:25; 16:26. Vraag 14: Kan enige ander skepsel vir ons betaal? Antwoord: Nee, want ten eerste wil God aan geen ander skepsel die skuld straf wat die mens gemaak het nie (a). Ten tweede kan geen gewone skepsel die las van die ewige toorn van God teen die sonde dra en ander skepsels daarvan verlos nie (b). (a) Eseg 18:4; Gen 3:17. (b) Nah 1:6; Ps 130:3. Vraag 15: Hoe ’n middelaar en verlosser moet ons dan soek? Antwoord: So een wat ’n ware (a) en regverdige (b) mens is, maar nogtans ook sterker as alle skepsels is, dit wil sę wat terselfdertyd ware God is (c). (a) 1 Kor 15:21. (b) Heb 7:26. (c) Jes 7:14; 9:5; Jer 23:6; Luk 11:22.
Tema:Ons kan alleen deur die betaling van ons Middelaar van al ons sonde vergewe word.
Vergewing vereis betaling Ons kan uit die Skrif weet dat ware geloof ‘n gewisse kennis is van die dinge wat ons hoop en ‘n vaste vertroue op die dinge wat ons nie sien nie. Geloof is dus nie net vertroue dat ons gered is nie, maar ook kennis van ons ellende verlossing en dankbaarheid. Voordat ons egter by die kennis van ons verlossing kom moet ons eers verstaan wat met die geregtigheid van God bedoel word. Toe ons in sonde geval het, het ons die reg van die Here in gedrang gebring. Om vergewing te ontvang moet daar dan eers weer aan sy reg voldoen word.
Betaling vereis vermoë Die vraag kom dan na vore wie aan hierdie betaling kan voldoen. Die Kategismus fokus eers alles en almal wat nie die vermoë het om aan die eis van die Here te voldoen nie. Dit waaraan voldoen moet word is die eise van die Here se wet. In ons kategismus word daar twee moontlikhede gestel om aan hierdie betaling te voldoen. Die een is onsself en die ander is of daar enige ander skepsel is wat aan die eis van die Here kan voldoen. Die antwoord is ‘n eenvoudige “nee” want onsself en alles in die skepping is deur die sonde besmet.
Onvermoë vereis ʼn Middelaar Wanneer onsself en niks anders in die skepping aan die eis van die Here kan voldoen nie blyk dit dat ons in ‘n hopelose situasie verkeer. Iemand moet betaal sodat daar vir ons verlossing kan wees. Daar moet dus ‘n middelaar vir ons intree wat waarlik mens is, want dit is die mens wat gesondig het en sy sonde daagliks nog meer maak. Hy moet ook waarlik God wees, want geen skepsel kan aan die prys voldoen wat die Here eis nie. Hierdie middelaar is ons Here Jesus Christus. |