Preek Sketse - 18 Mei 2025
Oggend Diens Sing: Ps. 96:1,2; Ps. 9:7; Ps. 43:1,3; Ps. 84:1,3; Ps. 23:3; Ps. 116; Ps. 75:1,4,6. Lees: Jes. 55: 1-5. Teks: Jes. 55:1 Tema: Ons word uitgenooi om met die gawes van God se genade versterk te word.
Die dringende uitnodiging. 1 o ALMAL wat dors het, kom na die waters; en wie geen geld het nie, kom, koop en eet; ja, kom, koop sonder geld en sonder prys, wyn en melk! 2 Waarom weeg julle geld af vir wat geen brood is nie, en julle arbeid vir wat nie kan versadig nie? Luister aandagtig na My en eet die goeie, en laat julle siel hom in vettigheid verlustig. 3Neig julle oor en kom na My toe, luister, en julle siel sal lewe; Ek wil met julle 'n ewige verbond sluit: die bestendige genadebewyse van Dawid. 4Kyk, Ek het hom tot 'n getuie van die volke gemaak, tot 'n vors en 'n gebieder van die nasies. 5Kyk, nasies wat jy nie geken het nie, sal jy roep; en nasies wat jou nie geken het nie, sal na jou hardloop, ter wille van die Here jou God en van die Heilige van Israel, omdat Hy jou verheerlik het.
Die aard van God se genade. In die tweede deel van die profesie van Jesaja word die grootsheid en die genade wat God aan sy volk openbaar bekend gemaak. Tog kan die volk nie net kennis neem van die genade wat gegee word nie, maar hulle moet hierdie genade aanneem. God nooi nou sy volk uit om te kom deel in die genade van herstel wat Hy sal gee. Hulle kan by Hom sonder betaling wyn en melk kom koop en hulle in die oorvloed van sy genade verlustig. In die nagmaal sien ons die oorvloedige genade wat die Here aan ons deur die liggaam en die bloed van Christus gegee het.
Die uitnodiging op grond van God se genade. Nou moet ons opmerk dat die Here wel sy genade aan sy volk gee, maar hy nooi hulle uit om na Hom te kom. Van die begin sien ons dat die Here na sy kinders toe gekom het en dat Hy hulle weer kom opsoek nadat hulle gesondig het. Tog moet die kinders van die Here ag gee op die genadige roeping van die vader en nou na Hom toe kom. Christus het daardie weg vir ons gebaan deur sy soenverdienste dat ons nou kan ag gee op die uitnodiging wat die Vader tot ons rig. Die uitnodiging wat die Vader aan ons rig is n verpligting en n roeping wat Hy op ons lκ.
Die uitwerking van God se genade. Wanneer ons nou op die uitnodiging ag gegee kan ons die uitwerking wat die Here se genade in sy skepping het sien. Die ontvangers van die genadebewyse van die Here sal nou as n getuienis in die wκreld optree. Wanneer God se genade in Christus aan ons geopenbaar is sal elke mond bely dat Hy die Here en God is. Christus het self in die midde van Israel die genade van die Here verkondig en nou het ons die roeping om dit verder tot by die voleinding van die aarde uit te dra. Laat ons daarom versterk deur die rykdom van God se genade volhard om dit aan almal wat sal hoor te verkondig. -- Aand Diens Sing: Ps. 98:1,2; Ps. 62:1; Ps. 90:1,9. Lees: Luk 1:26-38; Son 11 Teks: Luk 1:31; Son 11 Tema: Jesus, die Seun van die Allerhoogste God is die Verlosser wat ons van al ons sondes verlos het. Lukas 1:26-38 Die geboorte van Jesus aangekondig. 26EN in die sesde maand is die engel Gabriλl deur God gestuur na 'n stad in Galilιa met die naam van Nαsaret, 27na 'n maagd wat verloof was aan 'n man met die naam van Josef, uit die huis van Dawid; en die naam van die maagd was Maria. 28En die engel het by haar binnegekom en gesκ: Wees gegroet, begenadigde! Die Here is met jou; geseλnd is jy onder die vroue. 29En toe sy hom sien, was sy baie ontsteld oor sy woord, en sy het daaroor nagedink wat hierdie groet tog kon beteken. 30En die engel sκ vir haar: Moenie vrees nie, Maria, want jy het genade by God gevind. 31En kyk, jy sal swanger word en 'n Seun baar, en jy moet Hom Jesus noem. 32Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word; en die Here God sal aan Hom die troon van sy vader Dawid gee, 33en Hy sal koning wees oor die huis van Jakob tot in ewigheid, en aan sy koninkryk sal daar geen einde wees nie. 34Toe sκ Maria vir die engel: Hoe kan dit wees aangesien ek geen man het nie? 35En die engel antwoord en sκ vir haar: Die Heilige Gees sal oor jou kom en die krag van die Allerhoogste sal jou oorskadu. Daarom ook sal die Heilige wat gebore word, Seun van God genoem word. 36En kyk, Elisabet, jou bloedverwant, het self ook 'n seun ontvang in haar ouderdom, en hierdie maand is die sesde vir haar wat onvrugbaar genoem is. 37Want geen ding sal by God onmoontlik wees nie. 38En Maria sκ: Hier is die diensmaagd van die Here. Laat dit met my gaan volgens u woord. En die engel het van haar weggegaan.
Sondag 11 Vraag 29: Waarom word die Seun van God genoem: Jesus, wat Verlosser beteken? Antwoord: Omdat Hy ons van al ons sondes verlos en by niemand anders enige saligheid te soek of te kry is nie.
Vraag 30: Glo die mense wat hulle saligheid en heil by die heiliges, by hulleself of iewers anders soek, ook in die enigste Verlosser, Jesus? Antwoord: Nee, maar hulle verloλn met die daad die enigste Verlosser as Heiland, Jesus, alhoewel hulle met die mond in Hom roem. Slegs een van twee dinge is immers moontlik: of Jesus is nie n volkome Verlosser nie, of die wat hierdie Verlosser met n ware geloof aanneem, het in Hom alles wat vir hulle saligheid nodig is.
Tema: Jesus, die Seun van die Allerhoogste God is die Verlosser wat ons van al ons sondes verlos het.
Jesus is ons Goddelike Verlosser. Met die aankondiging van Jesus se geboorte val die klem daarop dat die mensdom sal weet dat Jesus die Seun van God is wat gestuur is om ons as sondaars uit die ellende van ons sondes te verlos. Lukas vermeld in sy vertelling dat Jesus, die gebore verlosser die Seun van die Allerhoogste genoem sal word en dat Hy die koningstroon sal ontvang. Die verlosser wat ons Vader aan ons gee is in die eerste plek God self wat in sy almag die sonde dood kan oorwin. Aan Hom is alle mag in die hemel en op die aarde gegee.
Jesus is ons volkome Verlosser. In die naam Jesus lκ die verdere rykdom van ons verlossing vir ons opgesluit. Hy is deur die Vader gestuur om ʼn volkome verlossing vir sy kinders te bewerk. Met hierdie belydenis in die hart en op ons lippe moet ons sien wat alles nodig is vir ons verlossing. Aan die eenkant moet die prys vir die sonde betaal word, maar aan die anderkant moet die goeie gedoen word. In die volkome verlossing wat Christus aan ons gee kan ons weet dat Hy die een is wat die prys vir die sonde betaal en Hy gee ons deel aan al sy goeie werke.
Jesus is ons enigste Verlosser. Op die feit dat Jesus die volkome Verlosser is moet ons ook bely dat Hy ons enigste Verlosser is. Daar is geen ander middel waardeur ons verlos kan word nie as net Jesus Christus alleen nie. Hierdie artikel is veral belangrik teen die agtergrond die Rooms Katolieke kerk wat hulle verlossing van Maria of ander heiliges verwag. Dit is egter alles of niks. Of Hy is ʼn volkome verlosser of Hy is dit nie. Dit is eindelik die ware geloof wat Christus aan sy kerk openbaar het. |