|
Preek Sketse - 15 Februarie 2026
Oggend diens—Dr Christiaan Jooste 15 Februarie 2026 Oggend diens—Nagmaal Sing: Ps. 2:1,2; Ps.2:6; Ps. 77:1,6; Ps. 45:1,14; Ps. 23:3; Ps. 116; Ps. 65:2,3. Lees: Open. 19:1-10 Teks: Open. 19:7 Tema: As gelowiges deel ons in die vreugde van die bruilofsmaal van die Lam.
Open 19: 1-10
1 En ná hierdie dinge het ek iets soos ‘n groot stem van ‘n groot menigte in die hemel gehoor wat sê: Halleluja, die heil en die heerlikheid en die eer en die krag aan die Here onse God! 2 Want sy oordele is waaragtig en regverdig; want Hy het die groot hoer geoordeel wat die aarde met haar hoerery verderf het, en Hy het die bloed van sy diensknegte op haar gewreek. 3 En vir die tweede maal het hulle gesê: Halleluja! En haar rook gaan op tot in alle ewigheid. 4 En die vier en twintig ouderlinge en die vier lewende wesens het neergeval en God aanbid wat op die troon sit, en gesê: Amen, Halleluja! 5 En ‘n stem het uit die troon uitgegaan en gesê: Prys onse God, al sy diensknegte, en julle wat Hom vrees, klein en groot! The Marriage Supper of the Lamb 6 En ek het iets gehoor soos die stem van ‘n groot menigte en soos die geluid van baie waters en soos die geluid van sterk donderslae wat sê: Halleluja! want die Here God, die Almagtige, het die koningskap aanvaar. 7 Laat ons bly wees en ons verheug en aan Hom die heerlikheid gee, want die bruilof van die Lam het gekom en sy vrou het haar gereed gemaak. 8 En aan haar is gegee om bekleed te wees met rein en blink fyn linne, want die fyn linne is die regverdige dade van die heiliges. 9 Toe sê hy vir my: Skryf salig is die wat genooi is na die bruilofsmaal van die Lam. En hy sê vir my: Dit is die waaragtige woorde van God. 10 En ek het voor sy voete neergeval om hom te aanbid; maar hy het vir my gesê: Moenie! Ek is ‘n mededienskneg van jou en van jou broeders wat die getuienis van Jesus het. Aanbid God. Want die getuienis van Jesus is die gees van die profesie.
Tema: As gelowiges deel ons in die vreugde van die bruilofsmaal van die Lam.
Vreugde oor die bruilofsmaal Wanneer ons al die beproewinge en aanvegtinge in hierdie wêreld sien lyk dit soms of dinge buite beheer is. Ons sien soveel dinge wat verkeerd loop in ons lewe en samelewing, dat ons maklik moedeloos kan word. Te midde van al die aanslae wat daar in die wêreld is troos die Here sy kinders met die openbaring dat Hy die oorwinnaar koning is en dat Hy die bruilofsmaal van die Lam gee. Hy het duie aanslae van die Satan en sy bose magte oorwin sodat ons ewige vreugde kan geniet
Voorbereiding vir die bruilofsmaal Die vreugde van Christus vervul die kerk as bruid van Christus. Om die volheid van hierdie vreugde te ontvang moet die bruid haar ook voorberei vir die bruilofsmaal. Die bruid maak haar egter nie gereed deur haar eie werke nie, maar deur die werke van Christus self. Hy het haar geregverdig en geheilig om vir hom aanneemlik te wees. die voorbereiding geskied wanneer ons ons self ondersoek voor ons na die Nagmaal kom.
Saligheid in die bruilofsmaal Die gelowige kinders wat na die bruilofsmaal van die Lam genooi is word eindelik salig verklaar. Die wat deel aan die bruilofsmaal van die Lam is ontvang die goddelike geluk wat deur Christus aan hulle gegee is. Hy het dit vir sy kinders verwerf aan die kruis op Golgota en in die wederkoms sal die volle saligheid vir ons ontsluit word. Juis omdat ons nou reeds hieraan deel gekry het kan ons met vreugde na die feesmaal van die Here kom.
Aand diens—Dr Christiaan Jooste Aand diens Sing: Ps. 145:1,2,3; Ps. 145:6,7; Ps. 145:10,12. Lees: Eks. 3:1-22; Son 36 Teks: Eks. 3:14; Son 36 Tema: God maak sy Naam aan ons bekend, daarom moet ons eerbiedig daarmee omgaan.
Eks 3: 1-22
1 En Moses het die kleinvee opgepas van sy skoonvader Jetro, die priester van Mídian. En toe hy die kleinvee agter die woestyn gedryf het, kom hy by die berg van God, by Horeb. 2 Daarop verskyn die Engel van die HERE aan hom in ‘n vuurvlam uit ‘n doringbos. En toe hy weer sien, brand die doringbos in die vuur, maar die doringbos word nie verteer nie! 3 En Moses sê: Laat ek tog nader gaan en hierdie groot verskynsel bekyk, waarom die doringbos nie verbrand nie. 4 Toe die HERE sien dat hy nuuskierig nader kom, roep God na hom uit die doringbos en sê: Moses, Moses! En hy antwoord: Hier is ek. 5 En Hy sê: Moenie nader kom nie. Trek jou skoene van jou voete af, want die plek waar jy op staan, is heilige grond. 6 Verder sê Hy: Ek is die God van jou vader, die God van Abraham, die God van Isak en die God van Jakob. Toe het Moses sy aangesig verberg, want hy was bevrees om God aan te sien. 7 En die HERE sê: Ek het duidelik gesien die ellende van my volk wat in Egipte is; en Ek het hulle jammerklagte oor hulle drywers gehoor, ja, Ek ken hulle smarte. 8 Daarom het Ek neergedaal om hulle uit die hand van die Egiptenaars te verlos en hulle te laat optrek uit daardie land na ‘n goeie en wye land, na ‘n land wat oorloop van melk en heuning, na die woonplek van die Kanaäniete en Hetiete en Amoriete en Feresiete en Hewiete en Jebusiete. 9 En nou, kyk, die jammerklagte van die kinders van Israel het tot by My gekom. Ook het Ek die verdrukking gesien waarmee die Egiptenaars hulle verdruk. 10 Gaan dan nou heen, dat Ek jou na Farao kan stuur; en lei my volk, die kinders van Israel, uit Egipte uit. 11 Maar Moses het tot God gespreek: Wie is ek, dat ek na Farao sou gaan en dat ek die kinders van Israel uit Egipte sou lei? 12 En Hy antwoord: Ek sal met jou wees, en dit sal vir jou ‘n teken wees dat Ek jou gestuur het: As jy die volk uit Egipte gelei het, sal julle op hierdie berg God dien. 13 Hierop het Moses tot God gespreek: Maar as ek by die kinders van Israel kom en aan hulle sê: Die God van julle vaders het my na julle gestuur, en hulle my vra: Hoe is sy naam? —wat moet ek hulle antwoord? 14 En God sê vir Moses: EK IS WAT EK IS. Ook sê Hy: So moet jy die kinders van Israel antwoord: EK IS het my na julle gestuur. 15 Toe sê God verder vir Moses: Dit moet jy aan die kinders van Israel meedeel: Die HERE, die God van julle vaders, die God van Abraham, die God van Isak en die God van Jakob, het my na julle gestuur. Dit is my Naam vir ewig, en dit is my gedenknaam van geslag tot geslag. 16 Gaan heen en versamel die oudstes van Israel en sê vir hulle: Die HERE, die God van julle vaders, het aan my verskyn, die God van Abraham, Isak en Jakob, en het gesê: Ek het terdeë ag gegee op julle en op wat julle in Egipte aangedoen is. 17 Daarom het Ek besluit: Ek wil julle uit die ellende van Egipte laat optrek na die land van die Kanaäniete en Hetiete en Amoriete en Feresiete en Hewiete en Jebusiete, na ‘n land wat oorloop van melk en heuning. 18 En hulle sal na jou luister. Dan moet jy met die oudstes van Israel na die koning van Egipte gaan, en julle moet vir hom sê: Die HERE, die God van die Hebreërs, het ons ontmoet; laat ons dan nou tog drie dagreise ver die woestyn intrek en aan die HERE, onse God, offer. 19 Maar Ek weet dat die koning van Egipte julle nie sal laat gaan nie, ook nie deur ‘n sterke hand nie. 20 En Ek sal my hand uitstrek en Egipte met al my wonders teister wat Ek daarin sal doen; en daarna sal hy julle laat trek. 21 En Ek sal aan hierdie volk guns verleen in die oë van die Egiptenaars; en as julle dan trek, moet julle nie met leë hande trek nie, 22 maar elke vrou moet van haar buurvrou en van haar wat in haar huis vertoef, silwer— en goue voorwerpe en klere eis. En julle moet dit op julle seuns en dogters sit, en so Egipte berowe.
Son 36
SONDAG: 36 - VRAAG EN ANTWOORD: 99 Vraag: Wat eis die derde gebod? Antwoord: Ons mag die Naam van God nie laster of misbruik deur te vloek, deur ’n valse eed of deur onnodig te sweer nie. Verder mag ons nie deur stil te bly of dit toe te laat ons aan sulke verskriklike sondes skuldig maak nie. Kortom, ons mag die heilige Naam van God nie anders as met vrees en eerbied gebruik nie, sodat Hy deur ons reg bely, aangeroep en in al ons woorde en werke geprys word.
SONDAG: 36 - VRAAG EN ANTWOORD: 100 Vraag: Is dit dan so ’n groot sonde om die Naam van God te laster deur te sweer en te vloek dat God Hom ook oor elkeen vertoorn wat hierdie sonde nie sover moontlik teëgaan en verbied nie? Antwoord: Ja, seker, want geen sonde is groter en vertoorn God meer as die lastering van sy Naam nie. Daarom het Hy ook beveel om dit met die dood te straf.
Tema: God maak sy Naam aan ons bekend, daarom moet ons eerbiedig daarmee omgaan.
God openbaar sy Naam Ons God alleen en reg te aanbid beteken ook dat ons God reg moet ken. Ons kan Hom ken op grond van sy Naam wat Hy aan in sy Woord aan ons geopenbaar het. Wanneer Moses op die berg Horeb by die brandende doringbos maak die Here sy Naam aan Hom bekend. Sy Naam is “Ek is wat Ek is”. Met hierdie Naam kan die volk presies weet wie dit is wat hulle uit die slawehuis van Egipte sal uitlei. Hy is die Here wat getrou is aan al sy beloftes en die beloofde land aan sy volk sal gee. Hy is die Here wat teenwoordig is in die midde van sy volk en hulle in alles beskerm. Hy is die Here wat getrou is aan sy Woord.
Ons gebruik van sy Naam. Waar die Here sy Naam aan sy volk bekend gemaak het moet hulle nou ook weet hoe hulle met hierdie naam van die Here moet omgaan. In die behandeling van die derde gebod word daar in die eerste plek aandag gegee aan die misbruik van die Naam. Laster, vloek valse eedswering en onverskillige omgang met die Naam van die Here kom alles neer op die misbruik daarvan. Die teendeel hiervan is dat die gelowige kinders van die Here gebied word om met ootmoed en alle heiligheid met sy Naam om te gaan. Deur die regte gebruik van sy Naam moet ons Hom verheerlik en sy Naam reg in die midde van die gemeente bely.
Die toorn oor die misbruik van sy Naam. Ons Vader is so jaloers op sy Naam dat Hy hom ten diepste oor die lastering daarvan vertoorn. Die klein mens wat sy hand teen die hemel ophef en die Naam van die Here bespot sal met die volle gloed van God se toorn getref word. Daar is geen minder straf as net die dood nie. Juis in die erns van hierdie straf sien ons die wonder van die genade in Christus. Hy het die sonde teen die derde gebod aan die kru
|
