Preek Sketse - 15 Junie 2025

 

Oggend diens

Sing: Ps. 118:1,3; Ps. 99:1; Ps. 31:1,4; Ps. 45:1,6,8,9; Ps. 149:1,2

Lees: Luk: 14:25-35

Teks: Luk: 14:26-27

Tema: Om Christus te volg eis ‘n groot opgawe van sy kinders.

 

Lukas 14: 25-35

Gelykenis oor bedagsaamheid.

25EN groot menigtes het saam met Hom gegaan, en Hy het Hom omgedraai en vir hulle gesκ:

26 As iemand na My toe kom en hy haat nie sy vader en moeder en vrou en kinders en broers en susters, ja, selfs ook sy eie lewe nie, kan hy my dissipel nie wees nie.

27 En elkeen wat sy kruis nie dra en agter My aan kom nie, kan my dissipel nie wees nie.

28Want wie van julle wat 'n toring wil bou, gaan nie eers sit en die koste bereken, of hy die middele het om dit uit te voer nie? —

29sodat as hy die fondament gelκ het en nie in staat is om dit te voltooi nie, almal wat dit sien, nie miskien met hom sal begin spot

30en sκ: Hierdie man het begin bou en kon nie klaarkry nie.

31Of watter koning wat optrek om teen 'n ander koning slag te lewer, gaan nie eers sit en beraadslaag of hy in staat is om met tienduisend die een te ontmoet wat met twintigduisend teen hom kom nie?

32Anders stuur hy 'n gesantskap as die ander een nog ver is, en vra vredesvoorwaardes.

33So kan dan ook niemand van julle wat nie afsien van al sy besittings, my dissipel wees nie.

34 Die sout is goed, maar as die sout laf geword het, waarmee sal dit smaaklik gemaak word?

35Dit is nie bruikbaar vir die grond of vir die ashoop nie. Hulle gooi dit buitekant weg. Wie ore het om te hoor, laat hom hoor.

 

Tema: Om Christus te volg eis ‘n groot opgawe van sy kinders.

 

Die roeping om Hom te volg.

Die genade wat ons in Jesus Christus ontvang het is verniet aan ons gegee. Op grond van die liefde wat daar in Christus aan ons gegee is kan ons nou weet dat ons navolgers van Christus geword het. Om Christus egter te volg begin by die punt om eerstens ‘n dissipel van Jesus te wees. Die dissipel is die een wat in die teenwoordigheid van sy leermeester leef en die onderrig wat hy ontvang deel van sy lewe te maak. As eiendom van die Christus is ons vandag ook dissipels en navolgers van Hom

 

Die opgawe om Hom te volg.

Om ‘n navolger van Christus te wees eis ‘n bepaalde opgawe. Om ‘n Christen te wees en in die genade van Christus te deel het ‘n geweldige eis. Jesus verduidelik hierdie opgawe wat geλis word met twee beelde wat teenoor mekaar gestel word. Liefde en haat word teenoor mekaar gestel, met die gevolg dat ons Christus bo alles in die hierdie lewe moet liefhκ. Die tweede opgawe is dat die dissipel van Christus bereid moet wees om sy kruis op te neem en Christus te volg.

 

Die implikasies om Hom te volg.

Die implikasie van hierdie opgawe beteken nou dat elkeen wat ‘n volgeling van Christus wil wees moet hierdie koste gaan bereken. Weereens gebruik Christus twee beelde om die berekening te verduidelik. Die bouer moet die koste van sy gebou bereken voordat hy begin bou en die bevelvoerder moet sterkte van die krygsmag gaan bereken voordat hy tot die oorlog toetree. Deur die leiding en versterking van die Gees kan ons hierdie koste van ons navolging aan Christus bereken.

 

—————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————

 

Aand Diens

Sing: Ps. 40:1,2; Ps. 109:7,8; Ps. 22:1,2,4.

Lees: Gal 3:1-14; Son 15.

Teks:  Gal. 3:13; Son 15.

Tema: Christus het ons deur sy lyde van die oordeel en die vloek oor ons sonde verlos.

 

 

GALΑSIΛRS 3:1-14

 

Die wet is onmagtig om te red, maar dit lei na Christus en die geloof.

1 o, ONVERSTANDIGE Galαsiλrs, wie het julle betower om die waarheid nie gehoorsaam te wees nie, julle voor wie se oλ Jesus Christus afgeskilder is as onder julle gekruisig?

2Dit alleen wil ek van julle weet: het julle die Gees ontvang uit die werke van die wet of uit die prediking van die geloof?

3Is julle so onverstandig? Nadat julle met die Gees begin het, eindig julle nou met die vlees?

4 Het julle verniet so baie gely? As dit maar verniet was!

5Hy wat julle dan die Gees verleen en kragte onder julle werk, doen Hy dit uit die werke van die wet of uit die prediking van die geloof?

6Net soos Abraham in God geglo het, en dit is hom tot geregtigheid gereken.

7Julle verstaan dan dat die wat uit die geloof is, hulle is kinders van Abraham.

8En die Skrif wat vooruit gesien het dat God die heidene uit die geloof sou regverdig, het vooraf aan Abraham die evangelie verkondig met die woorde: In jou sal al die volke geseλn word.

9Sodat die wat uit die geloof is, geseλn word saam met die gelowige Abraham.

10Want almal wat uit die werke van die wet is, is onder die vloek; want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat nie bly in alles wat geskryf is in die boek van die wet om dit te doen nie.

11En dat niemand deur die wet by God geregverdig word nie, is duidelik; want die regverdige sal uit die geloof lewe.

12Maar die wet is nie uit die geloof nie, maar die mens wat hierdie dinge doen, sal daardeur lewe.

13 Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons 'n vloek te word — want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat aan 'n hout hang —

14sodat die seλn van Abraham na die heidene kan kom in Christus Jesus, en dat ons die belofte van die Gees deur die geloof kan ontvang.

 

 

Sondag 15

 

Vraag 37: Wat verstaan jy onder die woordjie: gely?

Antwoord: Dat Christus na liggaam en siel tydens sy hele lewe op aarde, maar veral aan die einde daarvan die toorn van God teen die sonde van die hele menslike geslag gedra het (a). So het Hy met sy lyding as die enigste versoeningsoffer (b) ons liggaam en siel van die ewige verdoemenis verlos (c) en vir ons die genade van God, die geregtigheid en die ewige lewe verwerf (d).

(a) Jes 53:4; 1 Pet 2:24; 3:18; 1 Tim 2:6. (b) Jes 53:10; Ef 5:2; 1 Kor 5:7; 1 Joh 2:2; Rom 3:25; Heb 9:28; 10:14. (c) Gal 3:13; Kol 1:13; Heb 9:12; 1 Pet 1:18, 19. (d) Rom 3:25; 2 Kor 5:21; Joh 3:16; 6:51; Heb 9:15; 10:19.

Vraag 38: Waarom het Hy onder die regter Pontius Pilatus gely?

Antwoord: Sodat Hy onskuldig deur die wκreldlike regter veroordeel sou word (a) en ons daardeur sou bevry van die streng oordeel van God wat oor ons moes kom (b).

(a) Joh 18:38; Matt 27:24; Luk 23:14, 15; Joh 19:4. (b) Ps 69:5; Jes 53:4, 5; 2 Kor 5:21; Gal 3:13.

Vraag 39: Sit daar iets meer in dat Christus juis gekruisig is en nie op ’n ander manier gesterf het nie?

Antwoord: Ja, want daardeur is ek seker dat Hy die vervloeking wat op my gerus het, op Hom geneem het (a), omdat die kruisdood deur God vervloek is (b)

(a) Gal 3:13. (b) Deut 21:23.

 

Tema: Christus het ons deur sy lyde van die oordeel en die vloek oor ons sonde verlos.

 

Verlossing van die toorn van God.

Wanneer ons verder langs die weg van Christus se vernedering wandel kom ons by die geweldige gebeurtenis van die kruisiging. Christus is die Kneg van God wat belaai is met die geweldige toorn van God oor die sonde van die mens. Toe die mens in sonde geval het het, die toorn van God ontvlam in so ʼn mate dat die mens die ewige dood moes ingaan. In die brief aan die Galasiλrs beklemtoon Paulus juis hierdie feit dat dit alleen deur die kruisdood van Christus is wat die mens voor God geregverdig kan word.

Verlossing van die oordeel van God.

Christus dra nie net die toorn van God terwille van ons verlossing nie, maar hy word ook onskuldig deur ʼn korrupte menslike regter veroordeel. Christus het geen sonde gedoen nie, maar tog word hy veroordeel sodat sy skuldige kinders onskuldig verklaar kan word. Langs hierdie weg word ons van die streng oordeel van God verlos. Hy staan in ons plek voor die regterstoel van God sodat ons volkome vryspraak kan ontvang. Hierin word die genade van die regverdigheid, maar ook die genade van God vir ons duidelik openbaar.

Verlossing van die vloek van God 

Die uiteinde van die toorn en die oordeel van God trek saam in die vervloeking van die sonde. Vervloeking is die teenoorgestelde van die seλn van God. Toe die mens in sonde geval het, is die hele aarde vervloek. Om hierdie diepte van die sonde duidelik te maak moet Christus eindelik ook die dood van ʼn vervloekte sterf, daarom is Hy gekruisig. Aan die kruis het Hy die ewige dood gesterf, maar ook die ewige dood oorwin sodat ons kan lewe. Nou kan ons as verloste kinders van God deur die geloof in Christus leef.