Preek Sketse - 24 Augustus 2025

 

Oggend diens—Dr C Jooste

Sing: Ps. 97:1,4; Ps. 97:7; Ps. 43:1,3; Ps. 118:1,2; Ps. 118:12,14.

Lees: Ef. 2:11-22.

Teks: Ef. 2:19;

Tema: Deur die Nagmaal ontvang ons die geestelike versorging uit die hand van ons Vader.

 

Efesiërs 2:11-22

 

11 Daarom, onthou dat julle wat vroeër heidene in die vlees was en onbesnedenes genoem word deur die sogenaamde besnydenis wat in die vlees met hande verrig word, 

12 dat julle in dié tyd sonder Christus was, vervreemd van die burgerskap van Israel en vreemdelinge ten aansien van die verbonde van die belofte, sonder hoop en sonder God in die wêreld. 

13 Maar nou in Christus Jesus het julle wat vroeër ver was, naby gekom deur die bloed van Christus. 

14 Want Hy is ons vrede, Hy wat albei een gemaak en die middelmuur van skeiding afgebreek het 

15 deurdat Hy in sy vlees die vyandskap tot niet gemaak het, naamlik die wet van gebooie wat in insettinge bestaan; sodat Hy, deur vrede te maak, die twee in Homself tot een nuwe mens kon skep 

16 en albei in een liggaam met God kon versoen deur die kruis, nadat Hy daaraan die vyandskap doodgemaak het. 

17 En Hy het die evangelie van vrede kom verkondig aan julle wat ver was en aan die wat naby was; 

18 want deur Hom het ons albei die toegang deur een Gees tot die Vader. 

19 So is julle dan nie meer vreemdelinge en bywoners nie, maar medeburgers van die heiliges en huisgenote van God, 

20 gebou op die fondament van die apostels en profete, terwyl Jesus Christus self die hoeksteen is, 

21 in wie die hele gebou, goed saamgevoeg, verrys tot ‘n heilige tempel in die Here, 

22 in wie julle ook saam opgebou word tot ‘n woning van God in die Gees.

 

Tema: Deur die Nagmaal ontvang ons die geestelike versorging uit die hand van ons Vader.

 

Die geestelike gawe in die nagmaal.

Wanneer ons alles oordink wat ons in die Nagmaal ontvang het word ons weer voor die feit gestel dat dit die geestelike gawes wat ons van die Here ontvang het bevestig. In die laaste gedeelte van hoofstuk 2 van die Efesiër brief word nog ʼn aspek van God se seëninge aan die volk geleer. Dit is dat die volk van God nou verenig is tot ʼn hegte geestelike eenheid. In sy huis versorg en bou Hy ons op deur die geestelike voedsel en drank wat in die Nagmaal aan ons bedien word.

 

Die geestelike versterking deur die nagmaal.

Die geestelike gawe wat in die nagmaal aan die kerk van die Here gegee word het uiteindelik ook geestelike betekenis in die lewe van die gelowige kinders van die Here. Die teken van brood en wyn word gegee met die geestelike betekenis dat dit die geestelike voedsel en drank vir die gelowiges is. Die brood en wyn is so teken van die liggaam en bloed van Christus. So kry die gelowige deel aan die liggaam en bloed van Christus. Hierdie feit is vir die kind van die Here die teken en versekering in gemeenskap met God leef. 

 

Die geestelike gesindheid tot die nagmaal.

Wanneer ons die wonder van die gawe van die nagmaal en die geestelike versterking van die nagmaal insien moet ons verstaan dat dit die gesindheid bepaal waarmee ons die nagmaal gebruik. Onder die Efesiërs  was daar ʼn gesindheid van meerderwaardigheid en vyandigheid maar onder die gelowiges moet daar die gesindheid van gemeenskap en liefde heers. Ons ontvang dit in die gesindheid van nederigheid en eerbied saam met ons medebroeders en susters wat deel is van die huisgesin van God.

 

 

 

Aand Diens—Ds C Jooste

 

 

 

Sing: Ps. 66:1,2; Ps. 104:1,14,15; Ps. 119:22,26.

Lees: Rom. 8:1-30; Son 20.

Teks: Rom. 8:11

Tema: God die Heilige Gees is ons helper deur wie ons deel kry aan die weldade van Christus.

 

Romeine 8:1-30

1 Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.

2 Want die wet van die Gees van die lewe in Christus Jesus het my vrygemaak van die wet van die sonde en die dood.

3 Want God het wat vir die wet onmoontlik was, omdat dit kragteloos was deur die vlees deur sy eie Seun in die gelykheid van die sondige vlees te stuur, en dit ter wille van die sonde, die sonde veroordeel in die vlees,

4 sodat die reg van die wet vervul kon word in ons wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.

5 Want die wat vleeslik is, bedink vleeslike dinge, maar die wat geestelik is, geestelike dinge.

6 Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede,

7 omdat wat die vlees bedink, vyandskap teen God is; want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie.

8 En die wat in die vlees is, kan God nie behaag nie;

9 julle is egter nie in die vlees nie, maar in die Gees, as naamlik die Gees van God in julle woon. Maar as iemand die Gees van Christus nie het nie, dié behoort nie aan Hom nie.

10 Maar as Christus in julle is, dan is die liggaam dood vanweë die sonde, maar die gees is lewe vanweë die geregtigheid.

11 En as die Gees van Hom wat Jesus uit die dode opgewek het, in julle woon, dan sal Hy wat Christus uit die dode opgewek het, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon.

12 Daarom dan, broeders, is ons skuldenaars, nie aan die vlees om na die vlees te lewe nie;

13 want as julle na die vlees lewe, sal julle sterwe, maar as julle deur die Gees die werke van die liggaam doodmaak, sal julle lewe.

14 Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God.

15 Want julle het nie ontvang 'n gees van slawerny om weer te vrees nie, maar julle het ontvang die Gees van aanneming tot kinders, deur wie ons roep: Abba, Vader!

16 Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is;

17 en as ons kinders is, dan ook erfgename, erfgename van God en mede erfgename van Christus, as ons naamlik saam met Hom ly, sodat ons ook saam met Hom verheerlik kan word.

18 Want ek reken dat die lyding van die teenwoordige tyd nie opweeg teen die heerlikheid wat aan ons geopenbaar sal word nie.

19 Want die skepping wag met reikhalsende verlange op die openbaarmaking van die kinders van God.

20 Want die skepping is aan die nietigheid onderworpe nie gewillig nie, maar ter wille van hom wat dit onderwerp het

21 in die hoop dat ook die skepping self vrygemaak sal word van die slawerny van die verganklikheid tot die vryheid van die heerlikheid van die kinders van God.

22 Want ons weet dat die hele skepping tesame sug en tesame in barensnood is tot nou toe.

23 En nie alleen dit nie, maar ons self ook wat die eerstelinge van die Gees het, ons sug ook in onsself in afwagting van die aanneming tot kinders, naamlik die verlossing van ons liggaam.

24 Want ons is gered in hoop; maar die hoop wat gesien word, is geen hoop nie; want wat iemand sien, waarom hoop hy dit nog?

25 Maar as ons hoop wat ons nie sien nie, dan wag ons daarop met volharding.

26 En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge.

27 En Hy wat die harte deursoek, weet wat die bedoeling van die Gees is, omdat Hy ooreenkomstig die wil van God vir die heiliges intree.

28 En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is.

29 Want die wat Hy vantevore geken het, dié het Hy ook vantevore verordineer om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat Hy die eersgeborene kan wees onder baie broeders;

30 en die wat Hy vantevore verordineer het, dié het Hy ook geroep; en die wat Hy geroep het, dié het Hy ook geregverdig; en die wat Hy geregverdig het, dié het Hy ook verheerlik.

 

Sondag 20

VRAAG EN ANTWOORD 53:

Vraag: Wat glo jy van die Heilige Gees?

Antwoord: Ten eerste is Hy saam met die Vader en die Seun ware en ewige God. Ten tweede is Hy ook aan my gegee sodat Hy my deur 'n ware geloof deel laat kry aan Christus en al sy weldade, my troos en ewig by my bly.

 

 

Tema: God die Heilige Gees is ons helper deur wie ons deel kry aan die weldade van Christus.

 

Die Heilige Gees is God.

Die derde deel van die 12 artikels handel oor ons belydenis rondom God die Heilige Gees. Dit wat ons hier bely word heeltemal genoegsaam en kragtig om dit wat die Woord oor die Heilige gees openbaar saam te vat. Dit is eerstens belangrik dat ons sal verstaan dat die Heilige Gees nie net ʼn krag van God is nie maar dat dit God self is. In die gedeelte waarin Paulus die gemeente in Rome onderrig oor die nuwe lewe onder die genade van God leer hy hulle dat ʼn lewe in Christus eindelik ʼn lewe deur die Gees is.

 

Die Heilige Gees gee ons deel aan die weldade van Christus.

Die tweede saak waaraan die Kategismus aandag gee is die werk van die Heilige Gees. Die eerste belangrike taak van die Gees is om ons deel te gee aan die weldade van Christus. Paulus beskryf hierdie werk van die Gees met die verwysing na die opstanding van Christus. Hy het die prys van ons sonde betaal, deur die dood gegaan en nou het Hy uit die dood opgestaan. Dit is die werking van die God die Heilige Gees dat Christus uit die dood opgestaan het.

 

Die Heilige Gees help en troos ons in hierdie lewe.

Die Gees gee ons egter nie net deel aan die lewe in Christus nie, maar hy lei ons verder in hierdie nuwe lewe. die gelowiges sug saam met die skepping en wag met reikhalsende verlange na die nuwe bedeling wat moet aanbreek, maar intussen kan ons deur die Gees God as ons Vader aanroep. Hy help ons en troos ons terwyl ons daagliks in die midde van die lewens stryd staan. Dit is die Gees wat ons swakhede te hulp kom sodat ons in hierdie lewe kan volhard om gehoorsaam en diensbaar voor God te leef.