Preek Sketse - 25 Mei 2025
Oggend Diens Sing: Ps. 48:1,4; Ps.48:5; Ps. 86:1,3; Skr. 8:1,4,5; Ps. 103:1,6. Lees: Jes. 55:5-13 Teks: Jes. 55 :11 Tema: God sal op grond van sy getrouheid die beloftes van sy genade in vreugde vervul.
6 Soek die HERE terwyl Hy nog te vinde is; roep Hom aan terwyl Hy naby is. 7 Laat die goddelose sy weg verlaat en die kwaaddoener sy gedagtes; en laat hy hom tot die HERE bekeer, dan sal Hy hom barmhartig wees; en tot onse God, want Hy vergeef menigvuldiglik. 8 Want my gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle weλ is nie my weλ nie, spreek die HERE. 9 Want soos die hemel hoλr is as die aarde, so is my weλ hoλr as julle weλ en my gedagtes as julle gedagtes. 10 Want soos die reλn en die sneeu van die hemel neerdaal en daarheen nie terugkeer nie, maar die aarde deurvogtig en maak dat dit voortbring en uitspruit en saad gee aan die saaier en brood aan die eter; 11 so sal my woord wees wat uit my mond uitgaan: dit sal nie leeg na My terugkeer nie, maar doen wat My behaag en voorspoedig wees in alles waartoe Ek dit stuur. 12 Want met vreugde sal julle uittrek en met vrede gelei word; die berge en heuwels sal voor julle in gejubel uitbreek, en al die bome van die veld in die hande klap. 13 Vir 'n doringboom sal 'n sipres opgaan; vir 'n distel sal 'n mirteboom opgaan; en dit sal vir die HERE wees tot 'n naam, tot 'n ewige teken wat nie uitgeroei sal word nie.
Die wonder van God se genade. Die viering van die heilige Nagmaal vervul ons weer met verwondering oor die groot genade wat God aan ons openbaar. Die genade van die Here word duidelik in die feit dat Hy sy volk uitnooi om by Hom versterk en gevoed te word. Nou word die volk verder opgeroep om die Here te kom soek terwyl Hy te vinde is. In die bediening van die Nagmaal word hierdie wonder duidelik aan ons as gemeente verkondig. Hy is te vinde waar Hy ons geestelik met alle gawes versorg wat ons nodig het.
Die sekerheid van God se genade Die wonder van God se genade wat aan ons verkondig word, is vas en seker. In die eerste plek moet ons weet dat die Here nie soos n mens doen en dink nie. Die mens se dade en gedagtes is deur sonde besmet en op die eie ek ingestel, maar God openbaar dit in die feit dat Hy sy skepping versorg. In die tweede plek kan ons seker wees van sy genade omdat sy Woord nie leeg na Hom sal terugkeer nie. Die volheid van sy Woord sien ons in die vervulling van Jesus wat die Vader in alles kom verheerlik het.
Die vreugde van God se genade Die wonderbaarlike, vaste en seker genade van die here vervul sy kinders eindelik met n heerlike vreugde. Al beleef die volk ellende van die ballingskap kan hulle by die daaglikse beproewing verby kyk en weet dat Hy die genade van sy herstel sal gee. Op grond van die genade wat hy openbaar sal sy volk sy naam verheerlik en sy naam groot maak. Ons loof God se met harte wat oorloop van blydskap vir groot genade wat ons ontvang het. - Aand Diens Sing: Ps. 145:1,2,3; Ps. 45:6,7; Ps. 2:1,6. Lees: Ps. 133; Son. 12 Teks: Son. 12. Tema: Christus is die Gesalfde wat ons tot profeet priester en koning gemaak het.
PSALMS 133 Die broederlike liefde. 1 'n BEDEVAARTSLIED. Van Dawid. Kyk, hoe goed en hoe lieflik is dit dat broers ook saamwoon! 2Dit is soos die kosbare olie op die hoof, wat afloop op die baard, die baard van Aδron, wat afloop op die soom van sy klere. 3Dit is soos die dou van Hermon wat neerdaal op die berge van Sion; want daar gebied die Here die seλn, die lewe tot in ewigheid!
Sondag 12
Vraag 31: Waarom word Hy Christus, wat Gesalfde beteken, genoem? Antwoord: Omdat Hy deur God die Vader bestem en aangestel en met die Heilige Gees gesalf is (a) tot ons hoogste Profeet en Leraar (b), wat aan ons die verborge raad en wil van God aangaande ons verlossing ten volle bekend gemaak het (c); tot ons enigste Hoλpriester (d), wat ons met die enige offer van sy liggaam verlos het (e) en met sy voorbidding gedurigdeur by die Vader vir ons intree (f); tot ons ewige Koning, wat ons met sy Woord en Gees regeer en ons by die verlossing wat verwerf is, beskerm en bewaar (g). (a) Ps 45:8; Heb 1:9; Jes 61:1; Luk 4:18. (b) Deut 18:15; Hand 3:22; 7:37; Jes 55:4. (c) Joh 1:18; 15:15. (d) Ps 110:4. (e) Heb 10:12; 14; 9:12, 14, 28. (f) Rom 8:34; Heb 9:24; 1 Joh 2:1; Rom 5:9, l0. (g) Ps 2:6; Sag 9:9; Matt 1:5; Luk l:33; Matt 28:18; Joh 10:28; Op 12:10, 11. Vraag 32: Waarom word jy n Christen genoem (a)? Antwoord: Omdat ek deur die geloof 'n lid van Christus is (b) en daardeur deel aan sy salwing het (c) sodat ek sy Naam kan bely (d), myself as n lewende dankoffer aan Hom kan toewy (e) en in hierdie lewe met n vrye gewete teen die sonde en die duiwel kan stry (f) en hierna met Christus in ewigheid oor alle skepsels kan regeer (g). (a) Hand 11:26. (b) 1 Kor 6:15. (c) 1 Joh 2:27; Hand 2:17. (d) Matt 10:32; Rom 10:10. (e) Rom I2:1; 1 Pet 2:5, 9; Op 1:6; 5:8, 10. (f) 1 Pet 2:11; Rom 6:12, 13; Gal 5:16, 17; Ef 6:11; 1 Tim 1:18, 19. (g) 2 Tim 2:12; Matt 25:34. Tema: Christus is die Gesalfde wat ons tot profeet priester en koning gemaak het.
Die betekenis van Christus as Gesalfde. Die naam Christus beteken Gesalfde. In die Ou Testament was salwing die middel waardeur profete priesters en konings in hulle amp aangestel is. In die Psalms lees ons van die wonderlike gebeurtenis van Aaron se salwing. In die salwing word die olie as simbool gebruik om aan te toon dat die persoon vir sy werk toegerus is en dat Hy so aan die Here gewy word. Die doop van Christus simboliseer in die Nuwe Testament dat Hy geroep en deur die werking van die Heilige Gees toegerus is vir die taak van verlosser.
Die taak van Christus as Gesalfde. As Gesalfde van die Here tree Christus op as die Hoogste Profeet, Enigste Hoλpriester en Ewige Koning. As profeet het Hy gekom en al die beloftes van die Ou Testament vervul. Sy taak as hoλpriester word in vervulling gebring wanneer Hy as Lam van God die offer vir ons sonde betaal. Buiten Hom is daar geen ander betaling vir ons ongeregtigheid nie. As ewige Koning het Hy die mag en die gesag op die hele aarde. In die opstanding en die oorwinning oor die dood word hierdie mag van Christus is aan ons openbaar.
Die roeping van Christus die Gesalfde. Nou word ons as gelowiges geroep om as Christene in hierdie bedeling te leef. Omdat ons nou deel gekry het aan die salwing van Christus deur die Heilige moet ons as profeet priester en koning in hierdie bedeling leef. Profeties kan en moet ons nou sy woord verkondig en bely. Priesterlik moet ons ons nou aan die Here toewy en vir mekaar voorbidding doen. Koninklik moet ons in die skepping en oor ons eie sondige begeertes regeer. Hiertoe is ons deur die Gees van God toegerus. |