Preek Sketse - 3 Augustus 2025

 

Oggend Diens—Ds C Jooste

Sing: Ps. 92:1,2; Ps. 92:6; Ps. 118:8,9; Ps. 1:1,3; Ps. 71:1,12,14.

Lees: Jud. 1:17-25

Teks: Jud. 1:17

 

Tema: Die gelowige moet in die midde van aanslae in die geloof volhard

 

 

Jud 1: 17-25

 

17. Maar julle, geliefdes, moet die dinge onthou wat die apostels van ons Here Jesus Christus voorheen reeds vir julle geleer het.

18. Hulle het vir julle gesê: “Daar sal in die laaste dae mense wees wie se lewe deur hulle eie goddelose begeertes beheers word, en hulle sal met julle die spot dryf.”

19. Hierdie mense bring verdeeldheid; hulle word deur hulle natuurlike drange beheers en nie deur die Gees van God nie.

20. Julle, geliefdes, moet egter voortgaan om julle lewe te bou op julle allerheiligste geloof. Bid altyd deur die krag van die Heilige Gees.

21. Bly in die liefde van God. Vestig steeds julle verwagting op die barmhartigheid van ons Here Jesus Christus wat die ewige lewe aan julle sal gee.

22. Oor dié wat in twyfel verkeer, moet julle julle ontferm.

23. Ander moet julle red deur hulle uit die vuur te ruk. Oor ander moet julle julle met versigtigheid ontferm; en verafsku selfs die klere wat deur hulle sondige luste besmet is.

24. Aan Hom wat magtig is om julle van struikeling te bewaar en julle onbevlek en met vreugde sy heerlikheid te laat aanskou,

25. aan die enigste God, ons Verlosser deur Jesus Christus ons Here, aan Hom behoort die heerlikheid en die majesteit, die krag en die mag, van alle ewigheid af, ook nou en tot in alle ewigheid! Amen.

 

 

Tema: Die gelowige moet in die midde van aanslae in die geloof volhard

 

Onthou die waarskuwing van Christus

Die mense wat onder die gelowiges in die kerk ingesluip het probeer om die gemeente te verlei om nie meer voor die koningskap van Christus te buig nie. Die gelowiges moet in hierdie omstandighede onthou dat die apostels hulle gewaarsku het dat dit in die laaste dae so sal wees. Hulle moet daarom nie moedeloos word nie, maar as gelowiges in hierdie omstandighede optree.

 

Bou die geloof in Christus

Die gelowiges word in die eerste plek geroep om hulleself in die geloof op te bou. Daar kan nie teen die aanslag van die Satan weerstand gebied word wanneer God se kinders nie in die  geloof sterk is nie. Om in die geloof opgebou te word moet die kinders van die Here in die Heilige Gees bid en hulle self in die liefde van God bewaar. Terwyl hulle met afwagting leef op die wederkoms.

 

Bewys barmhartigheid van Christus.

Tog kan die gelowige kinders van die Here nie maak asof hierdie aanslag nie in die gemeente bestaan nie. Daar moet inderdaad opgetree word. Die vertrekpunt moet wees dat daar aan sommige barmhartigheid bewys moet word terwyl ander weer uit die vuur uitgeruk moet word. Waar daar geen bekering is nie moet hulle die kleed haat wat deur sonde bevlek is.

eente sal Hy aanslae op sy gemeente onder die oordeel bring.

 

Aand Diens—Ds C Jooste

 

 

 

Sing: Ps. 118:1,12; Ps. 116:1,2,5; Ps. 48:4,5

Lees: Joh. 11:1-30; Son 17.

Teks: Son 17.

 

Tema: Die opstanding het vir ons nut omdat ons daardeur deel aan Christus se verlossingswerk kry.

 

Joh 11:1-30

 

1'n Man met die naam Lasarus was siek. Hy was van Betanië, die dorp waar Maria en haar suster Marta gewoon het.

2Maria was die vrou wat met reukolie die Here gesalf en sy voete met haar hare afgedroog het. Dit was haar broer Lasarus wat siek was.

3Die susters het iemand na Jesus toe gestuur om te sê: “Here, hy vir wie U lief is, is siek.”

4Toe Jesus dit hoor, het Hy gesê: “Hierdie siekte sal nie op die dood uitloop nie, maar op die openbaring van die wonderbaarlike mag van God, sodat die Seun van God daardeur verheerlik kan word.”

5Jesus het vir Marta en haar suster en Lasarus liefgehad.

6Nadat Hy gehoor het dat Lasarus siek is, het Hy egter nog twee dae op die plek gebly waar Hy was.

7Eers daarna het Hy vir sy dissipels gesê: “Kom ons gaan terug na Judea toe.”

8Die dissipels sê toe vir Hom: “Rabbi, nou die dag nog wou die Jode U stenig, en gaan U weer daarheen?”

9Jesus het geantwoord: “Is daar nie twaalf uur in 'n dag nie? As iemand in die dag loop, struikel hy nie, omdat hy die lig van hierdie wêreld sien.

10Maar as iemand in die nag loop, struikel hy, omdat hy nie die lig het nie.”

11Hierna het Hy vir hulle gesê: “Ons vriend Lasarus slaap, maar Ek gaan om hom wakker te maak.”

12Die dissipels sê toe vir Hom: “Here, as hy slaap, sal hy gesond word.”

13Jesus het van Lasarus se dood gepraat, maar hulle het gedink Hy praat van die gewone slaap.

14Toe sê Jesus vir hulle reguit: “Lasarus is dood,

15en om julle ontwil is Ek bly dat Ek nie daar was nie sodat julle in My kan glo. Maar kom ons gaan na hom toe.”

16Tomas, wat ook Didimus genoem is, sê toe vir die ander dissipels: “Kom ons gaan ook, sodat ons saam met Hom kan sterwe.”

17Toe Jesus daar kom, het Hy gevind dat Lasarus al vier dae in die graf was.

18Betanië was naby Jerusalem, omtrent drie kilometer;

19en baie van die Jode het na Marta en Maria toe gekom om hulle oor hulle broer te troos.

20Toe Marta hoor dat Jesus kom, het sy Hom tegemoet gegaan; maar Maria het in die huis bly sit.

21Marta sê toe vir Jesus: “Here, as U hier was, sou my broer nie gesterwe het nie.

22Maar selfs nou weet ek dat God U alles sal gee wat U van Hom vra.”

23Jesus sê toe vir haar: “Jou broer sal uit die dood opstaan.”

24Maar Marta sê vir Hom: “Ek weet hy sal met die opstanding op die laaste dag uit die dood opstaan.”

25Toe sê Jesus vir haar: “Ek is die opstanding en die lewe. Wie in My glo, sal lewe, al sterwe hy ook;

26en elkeen wat lewe en in My glo, sal in alle ewigheid nooit sterwe nie. Glo jy dit?”

27“Ja, Here,” sê sy vir Hom, “ek glo vas dat U die Christus is, die Seun van God, die Een wat na die wêreld toe moes kom.”

28Nadat sy dit gesê het, het sy haar suster Maria gaan roep en saggies vir haar gesê: “Ons Leermeester is hier, en Hy roep jou.”

29Toe sy dit hoor, het sy gou opgestaan en na Hom toe gegaan.

30Jesus het nog nie in die dorp aangekom nie, maar was nog op die plek waar Marta Hom ontmoet het.

 

Sondag 17

 

Vraag 45: Watter nut het die opstanding van Christus vir ons?

Antwoord: Ten eerste het Hy deur sy opstanding die dood oorwin sodat Hy ons die geregtigheid wat Hy deur sy dood verwerf het, deelagtig kon maak (a). Ten tweede word ons nou ook deur sy krag tot ’n nuwe lewe opgewek (b). Ten derde is die opstanding van Christus vir ons ’n betroubare waarborg van ons salige opstanding (c)

(a) Rom 4:25; 1 Pet 1:3; 1 Kor 15:16. (b) Rom 6:4; Kol 3:1, 5; Ef2:5, 6. (c) 1 Kor 15:20, 21.

 

 

Tema: Die opstanding het vir ons nut omdat ons daardeur deel aan Christus se verlossingswerk kry.

 

Ons het deel aan sy regverdigmaking.

Deur Christus se vernedering aan die kruis het Hy die prys van ons sonde betaal en ons so van die dood verlos. Tog kry die mens nie outomaties deel aan die verlossingswerk nie, maar Christus gee ons deel daaraan. Dit doen Hy deur sy verhoging wat met die opstanding uit die dood begin in die evangelie van Johannes lees ons die bekende geskiedenis van Lasarus wat uit die dood opgewek word. Wanneer Hy nou uit die dood opstaan kan ons seker wees dat ons deel kry aan sy regverdigheid, want Hy het ons saak weer voor God reggestel

 

Ons het deel aan sy heiligmaking.

Die daad van Christus se opstanding het vir ons nie net nut in terme van ons verhouding tot ons Vader nie, maar dit raak ons daaglikse lewe. In Son 17 word daar verder gebou op die gedagte wat reeds in Son 16 aan die orde gestel is. Daar het ons bely dat Christus se dood vir ons nuttig is ons in sy krag ons sondige natuur kan doodmaak. Die lewe waaraan Hy ons deel gee bepaal hoe ons ons daaglikse lewe inrig. Dit is ʼn lewe wat heilig en aanneemlik voor die aangesig van God die Vader is. Dit is deur sy opstandingskrag dat ons waarlik nuut leef.

 

Ons het deel aan sy heerlikheid

Verder het die opstanding van Christus ook die nut dat dit aan ons ʼn perspektief op die toekoms gee. Omdat Hy uit die dood uit opgestaan het en so die dood oorwin het kan ons seker wees dat ons die ewige lewe met sy wederkoms sal ontvang. Die grafte sal oopgaan in die laaste dag en ons sal liggaamlik ook uit die dood opstaan om so met Christus te wees. Die daad verkondiging wat Christus aan Lasarus openbaar het is ook ons deel en so sal God alles in almal wees.