Preek Sketse - 23 November 2025

 

Oggend diens—Dr Christiaan Jooste

23 November 2025

Oggend diens

Sing: Ps. 95:1,2, Ps. 95:4; Ps. 119:33,34; Skr. 33:1,2; Ps. 105:1,2.

Lees: 1 Kor. 10:23-33

Teks: 1 Kor. 10:26

Tema: Eer God in alles wat jy doen want die aarde behoort aan Hom.

 

1Kor. 10: 23-33

 

23 ALLES is my geoorloof, maar nie alles is nuttig nie; alles is my geoorloof, maar nie alles stig nie.

24 Laat niemand sy eie voordeel soek nie, maar elkeen die voordeel van 'n ander.

25Eet alles wat in die slaghuis verkoop word sonder om navraag te doen, ter wille van die gewete.

26Want die aarde behoort aan die Here en die volheid daarvan.

27En as een van die ongelowiges julle nooi en julle is gewillig om te gaan, eet dan alles wat julle voorgesit word sonder om navraag te doen, ter wille van die gewete.

28Maar as iemand aan julle sê: Dit is afgodsoffer — moet dit dan nie eet nie, ter wille van hom wat dit te kenne gegee het, en ter wille van die gewete — want die aarde behoort aan die Here en die volheid daarvan —

29ek bedoel die gewete, nie van jouself nie, maar van die ander; want waarom word my vryheid geoordeel deur 'n ander se gewete?

30En as ek iets met danksegging geniet, waarom word ek belaster oor iets waarvoor ek dank?

31 Of julle dan eet of drink of enigiets doen, doen alles tot verheerliking van God.

32 Wees geen oorsaak van struikeling vir Jode of Grieke of vir die gemeente van God nie;

33net soos ek almal in alles behaag en nie my eie voordeel soek nie, maar dié van baie, sodat hulle gered kan word.

 

Tema: Eer God in alles wat jy doen want die aarde behoort aan Hom.

Eienaarskap van God

 

Die heerlike feit dat ons aan die liggaam en bloed van Christus deel gekry het, het ‘n wonderlike implikasie vir die kinders van die Here. Wanneer ons dit wat ons in die nagmaal gesien en gesmaak het, oordink word ons met verwondering vervul want nou word ons weer vervul met die wete dat alles aan die Here behoort. In die Nagmaal erken ons die feit van die Here se eienaarskap in ons lewe. Ons is sy kinders en ons vergader saam as sy kerk.

Die eer aan God

 

Die wete dat ons en alles wat ons in hierdie lewe ontvang aan die Here behoort, bepaal nou hoe ons met alles in die lewe omgaan. Dit gaan natuurlik om die eer van die Here. Ons kan weet dat ons in die Here vry is en dat alles aan Hom behoort, maar ons optrede word beperk deur die Here se eer. Die mens kan egter nie self die Here verheerlik nie, maar kan dit alleen doen deur Christus wat ons daartoe vernuwe het en wat ons versterk.

Alles wat ons doen.  

 

Die eer van die Here en die erkenning dat alles aan Hom behoort het ‘n baie spesifieke gevolg vir die Here se kinders. Dit raak eindelik alles wat ons doen in ons daaglikse bestaan, maar ook in ons optrede teenoor mekaar. Ons het in die Nagmaal deel gekry aan Christus, met die gevolg dat ons mekaar dan ag as mense wat deel het aan Hom. Wanneer ons dus saam in die genade en sorg van die Here deel is ons besig om ons eie eer neer te lê.

 

 

Aand diens—Dr Christiaan Jooste

Aanddiens

Sing: Ps. 145:1,2,5,12; Ps. 130:1,2, Ps. 130:3,4.

Lees: 2 Kor. 7:2-16; Son 30

Teks: Son 30.

Tema: Onder die besef van ons ellende, verlossing en dankbaarheid kan ons na die Nagmaal kom.

Ons kom in ellende.

 

2Kor.: 7: 2-16

 

2MAAK vir ons ruimte in julle harte. Ons het niemand onreg aangedoen nie, ons het niemand benadeel nie, ons het op niemand voordeel behaal nie.

3Ek sê dit nie om te veroordeel nie, want ek het vantevore gesê dat julle in ons harte is om saam te sterwe en saam te lewe.

4Ek het groot vrymoedigheid teenoor julle; my roem oor julle is groot; ek is vervul met troos; ek loop oor van blydskap in al ons verdrukking.

5Want ook toe ons in Macedónië gekom het, het ons vlees geen rus gehad nie, maar ons is op allerhande maniere verdruk; van buite was daar aanvegtinge, van binne verskrikkinge.

6Maar Hy wat die nederige troos, naamlik God, het ons getroos deur die koms van Titus;

7en nie deur sy koms alleen nie, maar ook deur die troos waarmee hy oor julle getroos is, deurdat hy aan ons berig gebring het van julle verlange, julle verdriet, julle ywer vir my, sodat ek my nog meer verbly het.

8Want, al het ek julle ook deur die brief bedroef gemaak, is ek nie jammer nie, al was ek ook jammer. Want ek sien dat daardie brief, al was dit vir 'n kort tydjie, julle bedroef gemaak het.

9Nou is ek bly, nie omdat julle bedroef was nie, maar omdat julle bedroef was tot bekering, want julle was bedroef volgens die wil van God, sodat julle deur ons in niks skade gely het nie.

10Want die droefheid volgens die wil van God werk 'n onberoulike bekering tot redding, maar die droefheid van die wêreld werk die dood.

11Want kyk, juis dit, dat julle bedroef geword het volgens die wil van God — wat 'n groot ywer het dit in julle gewerk, ja, verantwoording, verontwaardiging, vrees, verlange, ywer, bestraffing. In alles het julle bewys dat julle in die saak rein is.

12Al het ek ook aan julle geskrywe, dan was dit nie ter wille van hom wat onreg gedoen het nie, of ter wille van hom wat onreg gely het nie, maar dat ons ywer vir julle aan julle duidelik kan word voor God.

13Daarom is ons getroos oor julle vertroosting en het veral bly geword oor die blydskap van Titus, omdat sy gees deur julle almal verkwik is.

14Want as ek iets by hom oor julle geroem het, is ek nie beskaam nie; maar soos ons alles met waarheid tot julle gespreek het, so het ook ons roem by Titus waarheid geword.

15En sy hart is julle veral toegeneë as hy hom die gehoorsaamheid van julle almal herinner, hoe julle hom met vrees en bewing ontvang het.

16Ek verbly my dus dat ek my in alle opsigte op julle kan verlaat.

 

Son 30

 

Vraag 80: Wat is die onderskeid tussen die nagmaal van die Here en die Roomse mis?

Antwoord: Die nagmaal betuig aan ons dat ons volkome vergewing van al ons sondes het, ter wille van die enige offer van Jesus Christus wat Hy self eens en vir altyd aan die kruis volbring het (a), en dat ons deur die Heilige Gees in Christus ingelyf word (b), wat nou na sy menslike natuur in die hemel aan die regterhand van die Vader (c) is en daar deur ons aanbid wil word (d). Die Roomse mis, daarenteen, leer dat die lewendes en die gestorwenes nie deur die lyding van Christus vergewing van sondes het nie, tensy Christus nog daagliks vir hulle deur die priesters geoffer word. Verder dat Christus liggaamlik in die brood en wyn aanwesig is en derhalwe daarin aanbid moet word. Die mis is dus in wese niks anders nie as ’n verloëning van die enige offer en lyding van Jesus Christus en ’n afgodery wat vervloek is (e).

(a) Heb 10:10, 12; 7:26, 27; 9:12, 25; Joh 19:30; Matt 26:28; Luk 22:19. (b) 1 Kor 10:16, 17; 6:17. (c) Joh 20:17; Kol 3:1; Heb 1:3; 8:1. (d) Matt 6:20, 21; Joh 4:21; Luk 24:52; Hand 7:55; Kol 3:1; Fil 3:20; 1 Tess 1:10. (e) Heb 9:26; 10:12, 14.

Vraag 81: Wie moet na die nagmaalstafel van die Here kom?

Antwoord: Hulle wat vanweë hulle sondes ’n afkeer van hulleself het, maar tog vertrou dat dit hulle om Christus wil vergewe is en dat die swakhede wat nog oor is, met sy lyding en sterwe bedek is; en die wat ook begeer om hulle geloof hoe langer hoe meer te versterk en hulle lewe te verbeter. Maar die huigelaars en die wat hulle nie van harte tot God bekeer nie, eet en drink ’n veroordeling oor hulleself (a).

(a) 1 Kor 11:28; 10:19-22.

Vraag 82: Moet die mense ook aan die nagmaal toegelaat word wat met hulle belydenis en lewe wys dat hulle ongelowig en goddeloos is?

Antwoord: Nee, want so word die verbond van God ontheilig en sy toorn oor die hele gemeente opgewek (a). Daarom is die Christelike kerk volgens die bevel van Christus en sy apostels verplig om sulke mense met die sleutels van die koninkryk van die hemel uit te sluit, totdat hulle verbetering van hulle lewe bewys.

(a) 1 Kor 11:20, 34; Jes 1:11; 66:3; Jer 7:21; Ps 50:16.

 

Tema: Onder die besef van ons ellende, verlossing en dankbaarheid kan ons na die Nagmaal kom.

 

Ons kom in ellende.

Die eerste vraag wat in die Kategismus gestel word gaan oor die troos wat ons so indringend nodig het. Die kinders van die Here is inderdaad getrooste kinders in die kennis van ellende verlossing en dankbaarheid. In Son 30 word gevra wie na die nagmaal van die Here mag kom. Die antwoord sluit direk by die troos aan waarmee die Kategismus begin. Hulle wat ʼn afkeer van hulle self het en hulle ellende ken kan aan die tafel van die Here kom aansit. Ons kan  ellende alleen maar verstaan as ons sien dat Christus aan die kruis die offer moes bring om ons daarvan te verlos.

 

Ons kom as verlostes.

Die bedoeling vir die gelowiges is nooit dat ons in die sonde vasgevang moet bly nie, maar dat ons in die kennis van ons ellende nogtans ons verlossing in Christus verwag. Met ʼn vaste vertroue in die versoenende werk van Christus kan ons verseker weet dat al ons ongeregtigheid om sy ontwil vergewe is. wanneer ons aan die tafel van die Here kon aansit word ons weereens versterk om verseker te weet dat ons deel het aan sy verlossende werk. In die Nagmaal word ons in ons vertroue gesterk deur die versekering wat Hy in ons gewek het.

 

Ons is versterk tot dankbaarheid

Elkeen wat weet hoe groot sy ellende is en weet dat Hy alleen op Christus moet vertrou vir verlossing word ook geroep tot ʼn lewe van dankbaarheid. ʼn Lewe van dankbaarheid word sigbaar in die gehoorsame aanbidding en diensbaarheid aan die Here. Die verlossing wat Christus vir ons aan die kruis verwerf het is inderdaad ‘n wonderwerk waarin ons kan deel en wat ons met dankbaarheid aanskou. Elkeen wat voor die kruis van Christus staan sal die hartsverlange hê om in gehoorsaamheid aan Hom te leef

 

 

verbeter. Maar die huigelaars en die wat hulle nie van harte tot God bekeer nie, eet en drink ’n veroordeling oor hulleself (a).

(a) 1 Kor 11:28; 10:19-22.

Vraag 82: Moet die mense ook aan die nagmaal toegelaat word wat met hulle belydenis en lewe wys dat hulle ongelowig en goddeloos is?

Antwoord: Nee, want so word die verbond van God ontheilig en sy toorn oor die hele gemeente opgewek (a). Daarom is die Christelike kerk volgens die bevel van Christus en sy apostels verplig om sulke mense met die sleutels van die koninkryk van die hemel uit te sluit, totdat hulle verbetering van hulle lewe bewys.

(a) 1 Kor 11:20, 34; Jes 1:11; 66:3; Jer 7:21; Ps 50:16.

 

Tema: Die doop sien ons dat ons deur die bloed van Christus geheilig en gewas is om God te ontmoet.

 

Die werking van die doop.

In Sondag 25 het ons bely dat die Here aan ons die sakramente gegee het om ons in ons geloof te versterk en op die verdienste van Christus te wys. Een van hierdie sakramente is die doop. Die saak waaroor dit in die doop gaan is dat ons harte weer gerig en versterk word op die offer van Christus aan die kruis. Sy bloed het gevloei om ons van al ons sondes te was. Die afwassing van die sonde het reeds in die Ou Testament ʼn baie belangrike rol gespeel. Wanneer Israel by die berg Sinai aanland, waar God sy wet aan die volk gaan gee, moet hulle eers geheilig word en hulle klere eers gewas word. Hulle kan nie met die vuilheid voor die aangesig van die Here verskyn nie. Die doop herinner ons dat ons deur die bloed van Christus en die Heilige Gees geheilig is.

 

Die betekenis van die doop.

Die heiliging deur die bloed van Christus het natuurlik vir al God se kinders ʼn wonderbaarlike die betekenis. In ons belydenis word hier twee duidelike sake vir ons aangedui. Die eerste betekenis waarvan die doop ons verseker is dat ons sonde ter wille van die bloed van Christus vergewe is. Vergifnis beteken dat God aan die sonde nie meer dink nie, dit is uitgewis soos wat die water vuilheid afwas. Die tweede saak van ons belydenis wys daarop dat ons deur die Heilige Gees  opgewek word in ʼn nuwe lewe. as gedooptes wat die afwassing van die sonde ontvang het kan ons nou nie meer in die ou sondige natuur verkleef bly nie. die sonde moet so hoe langer hoe meer afgesterwe word.

 

Die getuienis van die doop.

Die laaste saak wat in hierdie Sondagsafdeling aan die orde kom is hoe kan ons weet dat Christus dit gedoen het. die antwoord is duidelik, dat Hy dit betuig het met die instelling van die doop. Die Skrif is die betroubare getuienis dat Hy ons afgewas het en dat Hy ons deur sy Gees opgewek het in ʼn nuwe lewe. Op grond van hierdie getuienis kan ons seker wees dat ons nou reeds deel het aan die nuwe lewe. So wys die doop ons op die werk van Christus ons Verlosser.