|
Preek Sketse - 5 Oktober 2025
Oggend diensLees Diens Sing: Ps. 118:1,7; Ps. 118:10,12; Ps. 89:12; Ps. 146:1,5; Ps. 146:6,8. Lees: Matt 26: 20-30 Teks: Matt 26:30
Matt 26: 20 - 30 20 En toe dit aand geword het, was Hy met die twaalf aan tafel. 21 En terwyl hulle eet, sę Hy: Voorwaar Ek sę vir julle, een van julle sal My verraai. 22 Toe word hulle baie bedroef en begin elkeen van hulle aan Hom te sę: Is dit miskien ek, Here? 23 Toe antwoord Hy en sę: Hy wat saam met My sy hand in die skottel insteek, hy sal My verraai. 24 Die Seun van die mens gaan wel heen soos daar van Hom geskrywe is, maar wee daardie man deur wie die Seun van die mens verraai word! Dit sou vir hom goed gewees het as daardie man nie gebore was nie. 25 En Judas, wat Hom sou verraai, antwoord en sę: Is dit miskien ek, Rabbi? Hy antwoord hom: Jy het dit gesę. 26 En terwyl hulle eet, neem Jesus die brood, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan sy dissipels en sę: Neem, eet, dit is my liggaam. 27 Toe neem Hy die beker, en nadat Hy gedank het, gee Hy dit aan hulle en sę: Drink almal daaruit. 28 Want dit is my bloed, die bloed van die nuwe testament, wat vir baie uitgestort word tot vergifnis van sondes. 29 Maar Ek sę vir julle: Ek sal van nou af nooit meer van hierdie vrug van die wynstok drink nie, tot op daardie dag wanneer Ek dit met julle nuut sal drink in die koninkryk van my Vader. 30 En nadat hulle die lofsang gesing het, het hulle uitgegaan na die Olyfberg. |
